Opedag 2021


Belangrike inligting tydens die nasionale inperking
Belangrike inligting vir ouers en leerders sal beskikbaar wees onder Dokumente/Akademie. Die nuutste inligting is:
Skoolkalender 2021
Roosters en skoolure 2021
Heropening van die skool: Covid-19-protokol
GDO se standaardprosedure vir die hantering van Covid-gevalle
Menlopark: Covid-gevalle
Microsoft Teams by Die Hoërskool Menlopark
Vir meer inligting oor die Koronavirus klik op die volgende skakel:
https://sacoronavirus.co.za/
Jy is Menlo!
Klik op die prent

Menlo-koor

Menlo-koor kry Cum Laude by die ATKV Applous. Die Menlo-engele is waarlik die beste gemengde skoolkoor in die land.
Menlopark = Geleenthede onbeperk!

Die Hoërskool Menlopark is ʼn wêreldklasinstelling wat iets vir elkeen bied. Deur die hoogste na te streef, skuif grense deurentyd en kry leerders die geleentheid om te groei en om die beste weergawes van hulleself te word. In die proses trek Menlo se kenmerkende blou, wit en rooi aandag van plaaslike en internasionale keurders en tersiêre instellings.
Wanneer matrieks die Menlo-bodem aan die einde van hulle skoolloopbane verlaat, weet ons dat sukses wink. Om ʼn sluipkykie na die toekoms te kry terwyl die leerders nog op die skoolbanke is, is ʼn groot bederf en vandeesweek deel ons in die vreugde van vyf matrikulante vir wie die lig op die horison helder wink.
Niël Beukes, Tiaan Lange en Lincoln Adams het kontrakte met die Blou Bulle gesluit, terwyl Wian van Niekerk en Bodine Degli-Umberti die Afrikason vir Amerika gaan verruil. Wian, ʼn kranige middelafstandatleet, gaan sy akademiese loopbaan by Bradley University in Illinois voortsit waar hy IT gaan studeer. Bodine, ʼn uithaleratleet en netbalspeler, wat op die oomblik die tweede plek op die nasionale ranglys vir junior vroue in gewigstoot beklee, is gereed om ʼn kontinentale sprong te maak in 2021. Sy beplan om haar by die Universiteit van South Alabama aan te sluit as lid van die atletiekspan, die South Alabama Jaguars.
Baie geluk aan hierdie leerders. Ons weet dat hulle sukses die resultaat is van jare se harde werk. Menlo is trots op julle!