Die Hoërskool Menlopark
'n Skool met ʼn visie wat gewone kinders op ʼn ongewone manier begeester om buitengewone hoogtes ‘n leefwyse te maak.
Die Hoërskool Menlopark is een van Suid-Afrika se topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terreine. Ons skool is bekend as ’n skool met eietydse tradisies, waarbinne Menlo-manne en Menlo-meisies in volkome gemak lángs mekaar en nie ín mekaar se skaduwee nie, ontwikkel en die hoogste nastreef. Ons skool se sukses is gewortel in hierdie hegte eenheid - ons verskille maak ons sterker en ons passie gee ons rigting – ʼn rigting waarin ons ons skool se leuse Excelsa Petamus (ons streef die hoogste na) met trots uitleef en nastreef.