Ekspo's & Olimpiades

ABSOLUT WETENSKAP

ABSOLUT WETENSKAP - ABSOLUT LATERALE DENKE

Menlo-weteskaplikes se hipoteses trek almal se aandag

19 van ons leerders het in 2016 aan die Noord Gauteng Wetenskap Ekspo by die Universiteit van Pretoria se Sport sentrum gaan deelneem. Dit is `n harde naweek van kompetisie met denke, teorieë en hipoteses. Die uitstallers het van Vrydagmiddag na skool af trots by die uitstallingsborde gestaan en verduidelik hoe hulle met kosepte, toerieë en oplossings vorendag gekom het. Dit is duidelik dat die oplossings wat hierdie generasie uitdink vir vandag en die toekoms se uitdagings logies, uitvoerbaar en inspirerend is. Bly kalm ons toekoms is in veilige hande. 

Menlo-wetenskaplikes word beloon met 3Goue toekennigs, 2  Silwer toekennigs, 9 Brons toekennigs, 5 Merietesertifikate en twee kategoriewenners!

Nuelle Janse van Vuuren is aangewys as kategoriewenner net haar “monsters in honde-ontlasting”. 

Cara Jordaan is aangewys as kategoriewenner met haar navorsing oor “Bakterië”. Hulle het goue sertifikate ontvang asook Kian Taljaard en Ben-Nathan Ras met hulle praktiese ontwerp van warm slaapsakke uit afvalstowwe – dit kan ‘n wonderlike oplossing wees vir minder bevoorregtes wat nie warm slaapplek in die winter het nie en dit kan‘n groot verskil maak vir die die groeiende probleem van afvalstowwe.

Albert van der Merwe en Nina Stone het silwer ontvang vir ‘n baie interessant projek oor die bruin hiëna en Gerald du Plessis en Melt Hamman ontvang silwer vir hulle navorsing oor ‘n veiligheidsvergelyking tussen krieket en hokkie as skolesport.

Die volgende leerders het Brons sertifikate ontvang: Joane le Roux, Lindi van der Berg, Janie Bilgnaut, Reinet le Roux, Etienne Cronje, Matt Lombaard, Hanrie Louw, Gustav Eigenhuis, Marjo-Lani Badenhorst, Carla Walkenshaw

Imae Putz, Sydney Broashurst, Shane Breed, Lirie du Plessis, Kiara Pieterse en Allison Kleynhans het merietesertifikate ontvang.

In 2015 het ons eie Nicole Barwise die wêreld aan haar voete gehad met ‘n uitsonderlike projek.