Menlo Akademie - Frans

Frans

In die Franse klas leer ons Frans praat. Ons eet Franse kos, hou Franse piekniek, sing Franse liedjies, speel Franse speletjies en hou elke jaar ‘n Franse konsert.

Elke twee jaar (weer in 2015, want ons was sopas daar!) gaan ons Frankryk toe. Dan klim ons die Eiffel-toring en vaar op ‘n boot af in die Seine-rivier. Ons gaan Versailles toe (waar die arme Marie-Antoinette gewoon het voordat sy haar kop verloor het) en besoek al die plekke waarvan ons nog net gehoor het...EN ons koop in Frans (want ons kan al!) crêpes en croissants en chocolat chaud by die stalletjies en ons gaan soek sneeu in die Alpe.

Hoekom neem ons Frans? Want dis opwindend. En dalk gaan ons eendag Frankryk toe. En soveel lande praat Frans en dis die mees romantiese taal in die wêreld ...

Kom wees deel van die pret. Dis magnifique. Formidable. Super. Cool!