Menlobond inligting

Welkom by die Menlobond se tuisblad. Die sukses van ʼn kaliber-skool soos Die Hoërskool Menlopark hang direk af van die insette en belangstelling van elke oud-leerder en elke Vriend van Menlo! Dit is ons visie om Die Hoërskool Menlopark vir toekomstige generasies te bewaar en uit te bou. Om dit kan verseker is effektiewe kommunikasie tussen skool, oud-Parkies en Vriende van Menlo essensieel. Word deel van hierdie Menlobon-familie en help bou aan Die Hoërskool Menlopark se blywende sukses.

Die Menlobond het ʼn tweeledige funksie. Eerstens is dit om te verseker dat die alumni en Vriende van Menlo aktief betrokke bly by die doen en late van die skool asook effektief in kontak bly met die skool en met mekaar.

Tweedens, fasiliteer die Menlobond alle skenkings aan die Parkiestrust wat aangewend word vir talle kapitaalprojekte van die skool asook befondsing wat spesifiek gerig is op leerderondersteuning vir leerders in ʼn minder bevoorregte finansiële situasies.  

Bestuurspan:

Voorsitter: Konrad Fleischauer

Onder-voorsitter: Louis Cloete

Skakelbeampte: Gisela van Garderen Rolfes

 

 

Vir enige navrae kontak gerus vir:

Gisela Rolfes

Skakel- en Adminstrasiebeampte: Menlobond (Menlo Alumni en Befondsing)

Telefoon: 012 361 7738

Selnommer: 078 727 4647

Direkte e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.