In Memoriam

Die Menlobond kondig met diepe meegevoel die afsterwe van die volgende oud-Parkies aan. Ons dink met deernis aan hulle families en vriende in hierdie hartseer tye. 

As u graag die Menlobond wil inlig oor die afsterwe van ʼn oud-Parkie, stuur gerus ʼn e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Dr. Johan Kirsten

Oud-onderwyser (1964-66)

Oorlede 22 Junie 2021

 

Dr. Kirsten was ‘n jong, passievolle onderwyser toe hy kort na sy studies by Die Hoërskool Menlopark begin skoolhou het. Hy het onder meer Geskiedenis gegee en was veral passievol hieroor. Hy het onvergeetlike historiese toere georganiseer wat groot impak gehad het op menige van sy leerlinge. Op sportgebied was Dr. Kirsten op die skool se krieketbestuur asook een van ons krieket eerstespan afrigters. Hy was baie geliefd en het ‘n groot indruk in ‘n kort tydjie by Menlo gelaat. Hy het daarna medies gaan studeer en was tot kort voor sy afsterwe ‘n baie welbekende en geliefde huisdokter. Die Menlobond wens sy familie baie seën en sterkte toe in hierdie hartseer tye.

As u graag die Menlobond wil inlig oor die afsterwe van ʼn oud-Parkie, stuur gerus ʼn e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.