Donasies

Belê in die toekoms – belê in Menlopark.

 

Daar is twee maniere waarop u bydrae ʼn verskil kan maak. 

1. KAPITAALPROJEK- EN ALGEMENE DONASIES:

Met ons wêreldklasfasiliteite en -onderrig, het die Menlo-kampus nog altyd ʼn gevoel van trots by Menloparkers gewek. Met ʼn beperkte begroting word die fasiliteite uitstekend onderhou en spog die skool met infrastruktuur en tegnologie van hoogstaande gehalte. Met die huidige uitdagende situasie sal u donasie  ʼn blywende impak maak op die voortbestaan van Menlo-trots! Die Menlobond identifiseer spesifieke kapitaalprojekte waarvoor u bydra aangewend word. Lidmaatskapfooie tot die Menlobond word o.a. ook hiervoor aangewend. 

 

Donasies kan gemaak word op een van die volgende maniere:

 

• Kredietkaart

Volg die onderstaande skakel na die sekuur Yoco betaalpunt

https://pay.yoco.com/menlobond-npc

Verwysing: [Die letter “D”, Van, Voorletter]  Bv: DPompiesP

 

• Internet betaling (EFO)

Rekeningnaam: Menlobond NPC

Rekeningnommer: 120 683 6555

Bank: Nedbank

Tak: Menlyn Maine

Takkode: 151745

Verwysing: [Die letter “D”, Van, Voorletter]  Bv: DPompiesP

 

Bewys van betaling kan gestuur word aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir aandag Gisela Rolfes.

 

2. LEERDERONDERSTEUNING:

Dit is vir baie kinders ʼn droom om ʼn Menloparker te wees. Ongelukkig bly dit vir heelwat van hulle, veral dié met uitdagende omstandighede, ʼn onbereikbare ideaal. Die Menlobond se doel is waar moontlik, hierdie droom vir talentvolle en verdienstelike leerders te bewaarheid. U donasie sal help om ʼn leerder hierdie geleentheid te bied. Die Menlo Foundation word deur die Menlobond gefasiliteer en hanteer alle donasies wat spesifiek gemaak word ten bate van leerderondersteuning. Kontak gerus die Menlobondkantoor vir verdere inligting sou u belangstel om ʼn Menloparker se droom te help realiseer.

 

Donasies kan gemaak word na die volgende rekening:

 

Rekeningnaam: Menlo Foundation

Rekingnommer: 120 683 3092

Bank: Nedbank

Tak: Menlyn Maine

Takkode: 151745

Verwysing: [Die letter “D”, Van, Voorletter] bv. DPompiesP

 

Bewys van betaling kan gestuur word aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir aandag Gisela Rolfes. 

 

Baie dankie vir u belegging in die toekoms van Menlo.