Menlo Koshuis

Absolut koshuislewe

Absolut koshuislewe

Die Menlo-koshuis is in die hart van die skool geleë en bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerders wat van die wye verskeidenheid geleenthede wat die skool bied, gebruik wil maak. Hierdie koshuis ondersteun in elke opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots in die Menlo-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer gewortel.

• Koshuisinwoning  maak voorsiening vir 80 seuns en 60 meisies van graad 8 tot graad 12.

• Die bestuur van die koshuis word deur ’n koshuisraad hanteer, wat uit twee ervare koshuisvaders en nog 12 diensdoenende onderwysers bestaan - almal ook aan die skool verbonde en permanente inwoners van die koshuis. 

Menlopark se koshuis is ‘n gesogte tuiste vir leerders wat groot drome droom en najaag en uitbreiding van die koshuis is reeds aan die gang vir meer gelenthede vanaf 2020. Die aansoekvorm vir keuring is op die webblad, www.menlopark.co.za, of  by die skool se ontvangs beskikbaar. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoekers vir koshuisinwoning vir die volgende akademiese jaar, word jaarliks op die skool se webblad gepubliseer. Indien keuring suksesvol is, is die leerder se R2 000 registrasiegeld binne 14 dae nadat hy/sy die keuringsuitslag ontvang het, betaalbaar om plek in die koshuis te verseker. Die jaarlikse koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar en kan óf eenmalig gedurende Januarie, óf in kwartaallikse paaiemente binne die eerste week van elke kwartaal, of in 10 maandelikse paaiemente vanaf Januarie tot Oktober, voor die derde dag van elke maand, betaal word.

Hierdie Menlo-koshuis, op die skoolterrein,en oorkant die pad,  is nie ‘n gewone skoolkoshuis nie -  dis ‘n hegte Menlo-gesin wat die geleentheid aan gemotiveerde, energieke en deelnemende leerders bied vir maksimale betrokkenheid by die skool se aktiwiteite en ondersteuning van alles op die Menlo-terrein. 

Alle navrae aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.