Menlo Koshuis

Absolut koshuislewe

Die Menlo-koshuis is in die hart van die skool geleë en bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerders wat van die wye verskeidenheid geleenthede wat die skool bied, gebruik wil maak. Hierdie koshuis ondersteun in elke opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots in die Menlo-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer gewortel.

  • Koshuisinwoning  maak voorsiening vir 57 seuns en 49 meisies van graad 8 tot graad 12
  • Die bestuur van die koshuis word deur ’n koshuisraad hanteer, wat uit ’n ervare koshuisvader en nog 5 diensdoenende onderwysers bestaan - almal ook aan die skool verbonde en permanente inwoners in die koshuis.

Koshuisinwoning is as gevolg van die beperkte plekke jaarliks beskikbaar aan ’n keuringsproses onderhewig. Die aansoekvorm vir keuring is op die webblad, www.menlopark.co.za, of  by die skool se ontvangs beskikbaar. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoekers vir koshuisinwoning vir die volgende akademiese jaar, word jaarliks op die skool se webblad gepubliseer. Indien keuring suksesvol is, is die leerder se R2 000 registrasiegeld binne 14 dae nadat hy/sy die keuringsuitslag ontvang het, betaalbaar om plek in die koshuis te verseker. Die jaarlikse koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar en kan óf eenmalig gedurende Januarie, óf in kwartaallikse paaiemente binne die eerste week van elke kwartaal, of in 10 maandelikse paaiemente vanaf Januarie tot Oktober, voor die derde dag van elke maand, betaal word.

Hierdie Menlo-koshuis op die skoolterrein,  is nie ‘n gewone skoolkoshuis nie -  dis ‘n hegte Menlo-gesin wat die geleentheid aan gemotiveerde, energieke en deelnemende leerders bied vir maksimale betrokkenheid by die skool se aktiwiteite en ondersteuning van alles op die Menlo-terrein.

Alle navrae aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.