Menlo Koshuis

Koshuis - Algemene Inligting

• Koshuisinwoning  maak voorsiening vir 80 seuns en 60 meisies van graad 8 tot graad 12. Vanaf 2020 sal die kapasiteit vir leerders in die koshuis vermeerder word om aan nog 20 leerders die Menlo-geleenthede moontlik te maak.

• Daar is twee koshuisvaders en ‘n koshuismoeder wat saam met 9 diensdoenende personeellede (almal ook personeellede van Die Hoërskool Menlopark) sorg dat elke leerder elke dag versorg en gekoester word.. Die personeellede is almal inwonend en sorg dat hulle die meisies en manne se skedules volledig ken.

• Ons koshuis spog ook met 3 matrones, ‘n uitsonderlike, opgeleide kok en ‘n hele span entoesiastiese werkers wat ons Menlo-inwoners volledig op koers hou!

• Ons koshuisgebou is voorsien van ‘n sekuriteitstelsel en ons inwonende terreinbestuurder se woonstel is om die hoek van die koshuis geleë.

• ‘n Dieetkundige help met die saamstel van die spyskaarte en etes in die Menlo-koshuis is voortreflik.

• ‘n Ontspanningsvertrek  vir die ontvangs van gaste is ons Menlo-trots.

• Beperkte DSTV is beskikbaar in die kuiervertrek en gesellige kuiertyd is net so ‘n prioriteit as gefokusde studietyd. Leerders het ook toegang tot die internet en Wifi in ‘n rekenaarkamer, wat vir studiedoeleindes gebruik kan word.