Menlo Koshuis

Menlo-koshuis

Ons Menlo-koshuis is nie ‘n skoolkoshuis soos van ouds nie, maar ‘n  Menlo-gesin in ‘n heerlike Menlo-wooneenheid op die skoolterrein waar passievolle Menlo-manne en Menlo-meisies gekoester word. Die Menlo-koshuis ondersteun die Menlo- waardes van integriteit, lojaliteit en respek en ywer. Parkies wat gemotiveerd, entoesiasties en absoluut passievol is om die skool se geleenthede te gebruik, word in die Menlo-koshuis met ope arms verwelkom.

Die Menlo-koshuis bied ‘n geleentheid vir gemotiveerde deelnemende leerders om in ‘n veilige, gedissiplineerde, maar gesellige gesinsopset hulle maksimale potensiaal te bereik en saam met ons skool groot te droom en hard te werk om elkeen se drome vlerke te gee!

Die Menlo-koshuis is splinternuut. Dié koshuis het sy deure Julie in 2009 geopen en is geleë in die hartjie van die skool, wat dit moontlik maak vir inwoners om met veiligheid en gemak te beweeg na die sportgrond, Blouteater, gimnasium, muurbalbane, 50m Olimpiese standaard swembad, rekenaarsentrum en mediasentrum.

Die Menlo-koshuis is stapafstand van ‘n winkelsentrum, apteek, mediese dokter en tandarts af.