Menlo Debat

Menlo-debatte gons groot landswyd!

Parkies weet van praat en jou sê sê, en daarom is debat 'n absolut lekkerte by ons. 

Die graad 8’s en 9’s daag in honderde op om hul eerste pizza-en-gesels-aand by te woon. Die seniors weet nou al van harde werk en dat dit meer vat as ‘n pizza in die een hand en ‘n internetbron in die ander, maar ons hou van oefen en gesels en nog meer van dink en redeneer!

In ons debatsjaar neem ons deel aan die Parkie-debat (ons interne uitdun) en aan die ATKV-debat en ook aan 'n nuwe uitdaging – Afriforum se DINK OF SINK!

2015 wéér met trots in landswye finaal!

IMG_2306.jpg - 286.39 kb

2014 in ATKV landswye finaal!

Debat2014.jpg - 26.55 kb

  • In 2015 begin ons met meer as 12 junior en senior debatspanne onderskeidelik. 6 junior en senior spanne neem aan die ATKV Gauteng-Noord debatskompetisie deel. Die Menlo-bekkies maak ons trots en 2 Senior spanne en 3 junior spanne dring deur na die semifinaal. Al 5 ons spanne wen hul debatte! Wat ‘n voorreg! Ons top juniorspan – Dricus Oerlemans, Embeth du Toit en Elita van Staden – dring deur na die ATKV Nasionale finaal te Goudini Spa in die Wes-Kaap. Hulle wen hul debat en eindig 7de in die land; in 2014 trek ons los met met 12 senior en 12 junior debatspanne waarvan 20 spanne (10 juniors en 10 seniors) aan die Parkie-debat deelgeneem het. 6 senior en 6 juniorspanne neem aan die 2014-Gauteng-Noord debatskompetisie van die ATKV deel. Ons juniorspan eindig vyfde in Suid-Afrika.
  • In 2013 het 4 junior - en 3 seniorspanne deurgedring na die nasionale semifinaal waarvan 3 spanne in die landswye finaal was. Die senior debatspan eindig as nasionale naaswenners en  die junior debatspan  eindig  nasionaal derde en in 2012 het ons 5 spanne in die ATKV-semifinaal gehad en eindig ons een Menlo-debatspan nasionaal derde.