Menlo Debat

Absolut-debat 2016

Baie geluk aan ons debatspanne wat vlugvoetig korte mette met opponente ge-maak het en doelgerig afpyl op die ATKV- semifinaal:

- Reinet le Roux, Bianca Koster en Karmen Wiid;

- Hans-Peter Fechter en Harm van Jaarsveld;

- Cara Jacobs en Malene Rohde;

- Sune Stander en Jan-Harm van Helsdingen;

- Dricus Oerlemans en Elita van Staden.

  

Menlo-debat weer in ATKV- landswye finaal in 2015!

IMG_2306.jpg - 286.39 kb

Elita van Staden, Dricus Oerlemans en Embeth du Toit  dring deur na die landswye ATKV-finaal en het

asems weggeslaan  en koppe laat draai met hulle vermoë om 'n debat kaf te draf.

Ons juffrouens Sunél le Roux, Hannas Smit en Roché van Blerk stuur ons debatteerders tot dinamiese hoogtes!

 

Dubbeldoor-Sege in AFRIFRORUM se Dink of Sink 2015!

111.jpg - 38.85 kb

 Juniorspan: Embeth du Toit, Dricus Oerlemans, Elita van Staden

Seniorspan: Alicia Swanepoel, Marné Kruger en Ruhann Botha

Ons junior en senior debatspanne wat aan die solidariteit-debatskompetisie, Dink of Sink, deelgeneem het beide deurgedring na die finaal en b

eide spanne (wat teen AHS-spanne gedebateer het) het in die finaal met die louere weggestap. Absolut  aitsa!