Menlo drama

Menlo-drama

Welkom by Die Hoërskool Menlopark se eie teater op die skoolterrein: DIE BLOUTEATER

Ligte! Kamera! Aksie! Die planke van Die Blou Teater se verhoog kreun luid en lekker soos die leerders van Die Hoërskool Menlopark smiddae gereedmaak om gehore te betower met toneelspel uit die boonste rakke. Hier, op die planke van Die Blou Teater se verhoog, kan leerders van alle ouderdomme deel wees van pret- produksies en hul passie vir die uitvoerende kunste op gereelde basis uitleef.

Die grootste doelwit van die Blouteater se Drama-Akademie is om ‘n wye spektrum van toneelkuns in beide Afrikaans en Engels aan ons studente oor te dra.  Dit is vir die regisseurs sowel as die akteurs ‘n groot voorreg en ‘n absolute doelwit om aan elke student die kern van toneelspel te openbaar en dit is net om dit te geniet.  Elke klas, sowel as produksie word met ‘n postiewe gesindheid aangepak deur elkeen betrokke.

Die Drama-Akademie is ook daar vir opleiding  ten einde  elke student se potensiaal te ontwikkel.  Op ‘n vermaaklike manier openbaar elke student ‘n kwaliteit van hulself in leierskap, improvisasie tot deursettingsvermoë.

Dit is met absolute eerlikheid as ons sê dat ons oorloop van trots en liefde vir iedere en elk van ons Blouteater-studente en dit is vir ons ‘n groot voorreg om elke jaar nog ‘n spul by te kry. In 2014 staan die BlouTeater op 140 betrokke studente.  Hier word vriendskapsbande gesmee wat nooit gebreek sal word nie.  Elke leerder word gedra en gemotiveer deur ‘n ander leerder. 

Ons kan met trots daarvan getuig dat 2013 ‘n baie suksesvolle jaar vir die Blouteater was.  Met produksies soos “Sherlock Holmes”, “Die Avonture van Alice in Wonderland”, “Beauty and the Beast”, “Out For The Count” en “Moeders en Dogters” het ons die gehoor se harte behoorlik vinniger laat klop.