Menlo Koor

Menlo-Koor

In Pretoria en Suid-Afrika is die koor van Die Hoërskool Menlopark 'n bekende en gerespekteerde naam in musiek- en koorkringe.

In die afgelope 19 jaar het die Menlo-koor bekend geword as een van die beste gemengde skoolkore in Gauteng en ook Suid-Afrika. Hulle is al sedert 1996 onder die bekwame leiding van Jeanmari van Papendorp. Die koor tree gereeld by koorfeeste, eredienste en ander geleenthede op.

  • Konserttoer na die KKNK 1998
  • Paaskonserte en Kerskonserte in samewerking van Salonmusiek: 2003, 2004, 2005, 2008, 2010 en 2011.

Die repertorium van die konserte het van die grootste skatte in die koormusiek bevat, Handel se Messias, die oratoriums van Bach en dele uit die Mozart en Brahms Requiems.

  • In 2005 voer hulle die Misa Criola van Ramirez op met Sydwill Hartman as solis.
  • As deel van RSG se kerskonserte in 2006 en 2007, waarvan die dvd landswyd te koop is.

Op kompeterende vlak neem die koor jaarliks aan die Pretoria Eisteddfod en Nasionale ATKV koorkompetisie deel en behaal die volgende topprestasies:

  • Beste gemengde skoolkoor van die Pretoria Eisteddfod reeds die afgelope 16 jaar
  • In 2000, 2007, 2009 en 2010,2014  word hulle aangewys as die beste koor van die hele Eisteddfod.
  • In die afgelope 18 jaar wat die koor aan die ATKV-koorkompetisie deelneem op Streeksvlak het hulle al 16 goue toekennings ontvang.
  • Daarmee saam haal hulle die Nasionale Finaal al 13 jaar en word 13 keer as die beste gemengde koor nasionaal aangewys.   In 2012 dan ook die Algehele wenners van Applous 2012 en in 2014 as naaswenners!

Hulle onderneem hulle eerste buitelandse toer in 2008 waar hulle aan die World Choir Games in Graz, Oostenryk deelgeneem het. Tydens die kompetisie kwalifiseer hulle in die afdeling gemengde jeugkore met ‘n goue toekenning. Hulle bereik die finaal as 1 van 20 kore en kom 8ste in die wêreld in die afdeling gemengde jeugkore. In 2010 het hulle die tweede keer Europse waters aangedurf met ‘n kompetisie in Brataslava. Daar het hulle in 3 kategoriee gesing. In elke afdeling behaal die koor 2de plekke (90%, 90% en 88%) en ontvang ‘n spesiale toekenning vir  vertolking van ‘n eksperimentele werk.

2016 beloof om weer eens 'n hoogtepunt te wees op Die Hoërskool Menlopark se koorkalender. Beplanning is volstoom aan die gang vir deelname aan die 2016 World Choir Games gedurende die Junie-skoolvakansie in Sochi, Rusland! Absolut koor!

Die koor se sukses word toegeskryf aan harde werk en 'n passie vir musiek!