Absolut die beste skoolkoor in die stad en land!
ATKV landswye finaal 2014
Toekennings 2014 aan die Menlo-koor:
Beste gemende koor in Suid-Afrika
Landswye naaswenners in die kategorie ervare kore
ATKV-uitdun & Pretoria Eisteddfod 2015
Beste gemengde koor 2014 (ATKV-streeksuidun)
Beste gemengde koor en beste skoolkoor (Eisteddfod) 2015
Die Hoërskool Menlopark se formidabele koor kraai (sing) weer eens koning by die ATKV se streeksuitdunne. Die Menlo-engele is met ‘n goue sertifikaat beloon tydens hierdie streekfees.
By die Pryswennerskonsert ontvang hulle vir die soveelste keer ook die skild vir die beste gemengde koor. Nog is dit het einde niet en hulle harde werk word beloon met die beker vir die Algeheel beste Hoërskoolkoor by die Eisteddfod. Absolut engele!
Akkolades van oral hou ons nederig maar absolut trots.
Die Van Papendorp-engeltjies, ons koorleidster, juffrou Jeanmari v Papendorp en begeleier, meneer Willem Luitingh, vorm ‘n ABSOLUT formidabele span en is onderweg na die ATKV-finaal aan die begin van Augustus!
Absolut asembenemende!