Menlo Kuns

Absolut Kuns

Oud-Parkie Alexa Pienaar, is ʼn jong kunstenaar wat besig is om haar merk op ʼn absolut kunsinnige manier te maak! Reeds tydens haar Menlo-jare (sy was ook ʼn kranige muurbalspeler) het haar besondere kunstalent sterk op die voorgrond getree. Dit is dus geen verrassing dat haar jongste uitstalling in die kunsgalery van die Universiteit van Johannesburg, getiteld, “Endlessness”, die kunswêreld aan die gons het nie. Volgens Alexa wil sy graag met haar kuns– en beeldhouwerke ʼn verskil maak in die wonderwêreld van kuns. Baie geluk Alexa - mag jou sukses, soos die titel van jou werk, sonder einde wees!

Ons kunsonderwyseres en haar leeringe in spogartikels: