Menlo-musiek

Die Menlo-musiekgebou is die hartklop van die skool waar musici hulle passie en drome uitleef. Menlo spog met sy eie musiekakademie in 'n moderne gebou en deel van die skool.

Die missie van die musiekakademie is om gehalte musiek toegangklik te maak vir almal en 'n liefde vir musiek te kweek by die leerlinge wat hulle die res van hulle lewe sal bybly.

Menlo-musiek funksioneer op twee bene:

  • Buite-kurrikulêre akademie waar enige iemand ʼn instrument kan leer speel in enige styl wat hy/sy wil leer, van ernstig/klassiek of lig en kontemporêr.
  • Musiek as keusevak.

Ons bied aan:

  • Musiek as keusevak Gr 8 en 9
  • Musiek as keusevak Gr 10 – 12
  • Musiek as agste vak Gr 10 -12
  • Musiek-akademie wat na skool funksioneer en leerlinge die geleentheid gee om instrumente te leer speel.

Vanuit die akademie ontstaan daar ensembles wat saam musiek maak.

  • Menlo-orkes
  • Fluitekoor
  • Saksofoon ensemble
  • Menlo-koor
  • Menlo-ensemble

Die volgende instrumente word by die Musiek-akademie aangebied:

Klavier (Klassiek sowel as ligte musiek)Tjello
KlawerbordKlassieke kitaar
SaksofoonAkoestiese kitaar
KlarinetBaskitaar
DwarsfluitElektriese kitaar
Sang (Klassiek sowel as ligte musiek)Trompet
VioolTromme ("Drumkit")

Ons gee onderrig in UNISA, Royal Schools en Trinity teorie vanaf Gr 1 – 6.

Ons personeel is Absolut-Menlo gedrewe en leerlinge word vir eksterne eksamens en eisteddfods ingeskryf om volwaardige groei te verseker.

Die kostes vir 2020 is beskikbaar in die 2020 inligtingstuk wat afgelaai kan word in die blou blok aan die regterkant