Menlo-Musiekakademie se Maestro's

3.jpg - 171.75 kb

Ons spog met ons span Absolut-Menlo bekwame musiekpersoneel.

Blignaut-Rautenbach, Deirdre
Sang klassiek

Deirdre is ʼn sangdosent verbonde aan UP en tree gereeld as solis op. Sy is ook lid van die nuutgestigte Sempre Opera geselskap. Deirdre tree gereeld as beoordelaar op by kunstefeeste en eisteddfods.  Haar sprankelende persoonlikheid en die positiewe manier waarmee sy met die leerlinge werk, is ʼn groot aanwins vir die akademie.

Bron, Ben
Klassieke kitaar

Ben behaal sy B. Mus-graad in klassieke kitaar aan UP en het 14 jaar ervaring in die onderrig van klassieke kitaar.

Coetzer, Elsa
Klawerbord

Elsa is ook ʼn dosent aan die Tshwane Universiteit waar sy betrokke is by die musiekteater. Sy tree ook as begeleier op en is lid van ʼn jazz orkes.

Combrink, Morkel
Viool en altviool

Morkel speel professioneel op ʼn vryskut basis vir die afgelope 29 jaar en was lid van die Johannesburgse Filharmoniese orkes. Hy is ook die dirigent van die Soshanguve Junior en Senior orkeste sowel as die Foundation en Chamber Strings.

Cooper, Bradley
Tromme

Bradley is ʼn ongelooflike aanwins vir die Menlo-musici en is al 15 jaar besig met onderrig in tromme. Hy was al die tromspeler van verskeie Afrikaanse kunstenaars, o.a.  Karen Zoid, Anton Goosen en Watershed. Hy tree gereeld op en bly op hoogte van die nuutste tendense rakende die onderrig van ligte musiek.

De Villiers, Braam
Saksofoon en klarinet

Braam is ‘n oud-Menloparker wat al drie jaar by sy alma mater betrokke is. In 2012 was hy in Duitsland vir meesterklasse o l v Arno Bornkomp. Hy tree gereeld op as solis  en is ʼn absolute jazz spesialis! Hy is tans besig met sy meestersgraad in uitvoerende kuns met die saksofoon as instrument.

Geer, Rudine
Ligte musiek sang

Rudine Geer het in 2007 haar studies in musiek voltooi by die Tshwane University of Technology.  Daarna het sy haar Hoër Onderwys Diploma by UNISA voltooi in 2009.  In 2004 en 2005 het sy in haar eie vertonings opgetree in die Centurion teater.  Sy was ook ʼn semi-finalis in die SAMRO Overseas Scholarship for Singers kompetisie in 2007.  Rudine is gemaklik as ʼn solo-kunstenaar of om met ʼn trio, kwartet, Big Band of ʼn Simfonie-orkes te werk en sy dek vele genres, van jazz tot populêre musiek.

Klopper,Trix
Klavier
Teorie Gr 1-4
Hoof van Buite-kurrikulêre akademie

Mev. Klopper slaag haar B. Mus Hon. aan die Universiteit van die Vrystaat en is al 19 jaar verbonde aan die musiek-akademie en het al verskeie kere toekennings by UNISA ontvang vir uitnemende teorie en praktiese onderrig. Benewens klavieronderrig is sy ook verantwoordelik vir teorie Gr 1- 4. Sy is ook ʼn gesoute orrelis wat haar UNISA voordraerslisensiaat met lof geslaag het  en is  lid van die SAKOV.

Mahne, Madelene
Tjello

Madelene slaag haar B. Mus Hon. Cum Laude met tjello as hoofinstrument. Sy was lid van verskeie orkeste o. a. Tukkie, Johannesburg Filharmonies en Festival. Sy gee ook onderrig in klavier en teorie.

 

Otto, Wiam
Kitaar

Wiam is ʼn voltydse kitaaronderwyser en musikant. Hy skryf in sy vrye tyd sy eie liedjies en werk aan “new acoustic Bluegrass”.

Roux, Raoul
Kitaar

Raoul verwerf sy B. Mus-graad met kitaar as hoofvak. Hy is tans die leier van die Black Friday Blues Band en skryf hulle lirieke en doen verwerkings.

Tolsma, Pierre
Dwarsfluit

Pierre behaal sy M. Mus en voordraerslisensiaat met lof. Hy is die hoof fluitspeler van Johannesburgse Filharmoniese orkes en SA Kamerorkes. Hy tree tans in Salonmusiek se ensemble op, Flauto Concorda en Cadenza Muzique.

Urban, Alexander
Koperblasers

Alex verwerf sy B. Mus-graad aan die Universiteit van Pretoria met trompet as hoofvak. In 2011 slaag hy ook die onderwyslisensiaat in trompet. Hy was ook die hoof trompetspeler van die UP simfonie orkes en speel  in die Johannesburgse Filharmoniese orkes.

Van Dyk, Lize-marie
Viool

Lize –Marie slaag haar B. Mus-graad met lof aan UP, verwerf ook haar onderwyslisensiaat in viool aan UNISA. Sy ontvang ook haar Suzuki Violin Teacher Training  internasionale opleiding op vlak 1,2 en 3.

Van der Berg, Leon
Elektriese kitaar

 

Leon het aan die Nasional School of the Arts studeer met onderskeiding in kitaar, teorie en improvisasie.  Hy ontvang ook die toekenning as beste kitaarspeler en ʼn merietetoekenning in kontemporêre musiek. Leon het jazz aan die Tshwane Universiteit studeer met kitaar as hoofinstrument.