Menlo Redenaars

Absolut redenaars

ATKV Nasionale wenner 2017

Vier van ons skool se redenaars het derugedring na die ATKV finaal, wat alreeds ‘n uitsonderlike prestasie is. Kian Taljaard is aangewys as beste redenaar in die graad 9 voorbereide afdeling in Suid-Afrika en Namibië. Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie en ons glo Kian gaan nog groot skares met sy woorde betower. Baie geluk aan Me. Amanda le Roux wat ure se harde werk en afronding met al die redenaars werk om so ‘n prestasie te bewerkstellg. Ons skool is trots op elkeen van die redenaars wat hierdie jaar deelgeneem het, deurgedring en die hulle woorde getel en laat tel het.Ons Menlo-sprekers het waarlik uitsonderlik presteer en ons is die enigste skool in Gauteng wat beide in debat en redenaars in die finaal gaan deelneem het. Menlo-mense sê hulle sê en die mense hang aan hulle lipppe. Wel gedaan!

 

ATKV-REDENAARS: ABSOLUT 2017

Die Hoërskool Menlopark neem jaarliks aan die ATKV-Redenaarskompetisie  deel, waar ons redenaars  jaarliks bewys dat hulle reggebek vir groot redenaarsprestasies is! Eerste uitdunronde: Volgens die nuutste kwotastelsel moet elke skool 6 sprekers in die onvoorbereide afdeling inskryf alvorens enige spreker in die voorbereide afdeling ingeskryf mag word.

Die skool skryf in die Junior, sowel as die Senior afdeling 6 sprekers in die onvoorbereide afdeling en drie in die voorbereide afdeling in, ‘n somtotaal van agttien redenaars.

Dertien van hierdie agttien redenaars dring deur na die 2015-halfeindronde van die ATKV-redenaarskompetisie. Sewe van die nege juniors en ses van die nege seniors het deurgedring. In die onvoorbereide afdeling het agt redenaars deurgedring en dus vyf van ses sprekers in die voorbereide afdeling.

ATKV: HALFEINDRONDE EN NASIONALE EINDRONDE in 2017

Halfeindronde: Dertien van hierdie agtien redenaars (sewe van die nege juniors en ses van die seniors) dring deur na die halfeindstryd van die ATKV-Redenaarskompetisie. In die onvoorbereide afdeling dring agt redenaars deur en in die voorbereide afdeling vyf.

In 2015 dring 5 van die redenaars van Die Hoërskool Menlopark, van die 10 uit Gauteng-Noord, deur na die Nasionale ronde!

Nasionale eindronde: Etienne Cronjé(gr.8), Dricus Oerlemans en Embeth du Toit(gr.9) as juniors, Chanté Lombaard(gr.10) en Marné Kruger(gr.12) as seniors dring deur na die landswye finaal in Augustus te ATKV-Goudini Spa in die Boland. Die meeste redenaars verbonde aan een skool in Gauteng-Noord.

Hier tree Dricus Oerlemans as nasionale naaswenner in die onvoorbereide afdeling vir juniors uit die stryd! Etienne Cronjé is sewende landswyd in die voorbereide afdeling vir juniors. Marné Kruger is vyfde in die onvoorbereide ronde en Chanté Lombaard sesde landswyd in die voorbereide ronde, albei vir seniors.

Die Hoërskool Menlopark se redenaars is telkens onder die beste 10, selfs 5 in Suid-Afrika, ingesluit ook Namibië.

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES : GAUTENG-NOORD

In die Engelse afdeling dring die graad 9 en 10-spanne en in die Tweetaligheidsafdeling die graad 8-span deur na die finale rondte. 

In die Individuele redenaarsafdeling vir Afrikaans, het daar 4 redenaars deelgeneem. Drie van die 4 redenaars dring deur na die finale ronde en Embeth du Toit (gr.9) en Alicia Swanepoel (gr.12) wen elk hulle onderskeie afdelings.

Femcke van Rensburg (gr.12) het in die Engelse-individuele afdeling deurgedring na die finaal.

In die Tweetaligheidsafdeling dring Karmen Wiid, Embeth du Toit en Hans-Peter Fechter as individuele sprekers deur na die finaal:  Embeth du Toit (gr.9) wen die Tweetaligheidsafdeling vir graad 9 en is die wenner van die graad 9- individuele afdeling in Afrikaans en Tweetaligheid. Absolut ons trots!

GRAAD-11 ONVOORBEREIDE TOESPRAKE

Gedurende die tweede kwartaal van 2017 neem ‘n graad 11-redenaar aan die graad 11-redenaarskompetisie vir onvoorbereide toesprake te Hoërskool Waterkloof deel. ‘n Kompetisie vir alle skole vanuit Pretoria.

 

DIE RADIKALE REDENAARSKOMPETISIE

Die onderskeie redenaars neem deel aan die Afrikaanse, Engelse en Tweetaligheid afdeling.

Vyf en dertig redenaars het ingeskryf vir hierdie kompetisie.

Absolut Aitsa vir ons Menlo-redenaars!