Topbestuur
Voor van links na regs: Me. Elbeth Vermaak (Adjunkhoof: Akademie en kultuur), Me. Hannaliza Fechter (Direkteur: Bemarking)
Agter: Mnr. Schalk Reynders (Hoof), Mnr. Harm v Helsdingen (Adjunkhoof: Dissipline, koshuis en kleiner sporte), Mnr. Nico Erasmus (Adjunkhoof: Vakveranderings en atletiek), Mnr. Manie Geldenhuys (Finansiële bestuurder)
Afwesig: Me. Esme Claassen (Adjunkhoof: Administrasie)
Mnr Schalk Reynders, Skoolhoof
Mnr Schalk Reynders. ons hoof, is en vol energie om die eietydse onderwyspad te help oopkap. Ons hoof is ons trots en hy hou reeds die wiele van ons ongelooflik dinamiese skool en onderwyserkorps aan die draai. Hy glo in moderne, eietydse bestuur.
Mnr Reynders was voorheen vir 17 jaar verbonde aan Hoërskool Monument in Krugersdorp en as adjunkhoof sedert 2004 het hy bewese ervaring in die bestuur van ‘n makroskool en die toenemende kompleksiteite wat daarmee gepaard gaan.
Mnr Reynders het in 1975 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer, waarna het hy die grade B.Sc(Ed), B. Sc(Hons) en M.Sc (Wiskunde) aan RAU verwerf het. Met hierdie besondere kwalifikasies getuig sy onderwysgeskiedenis van ‘n baie sterk akademiese fokus. Op sportgebied het hy homself ook onderskei as afrigter van atletiek, krieket en rugby en veral in laasgenoemde sport het hy uitsonderlike prestasies behaal. Hy was die afrigter van die Leeus se Cravenweek-rugbyspan gedurende 2007 en 2008, maar daarvoor sal ons hom vergewe.
Hy is getroud met Reneé, ook 'n onderwyseres, en hulle het een seun en twee dogters, Stefan, Nadia en Merike.
Hy en sy vrou, Reneé, omarm ons skool met hart en siel en stap die Menlo-pad met passie saam met die skool, sy leerders, onderwysers en ouers.
Hy droom groot en stap doelgerig 'n pad om drome in werklikheid te omskep.
Mnr Manie Geldenhuys - Finansiële bestuurder
Mnr Manie Geldenhuys, is een van die Parkies se gunstelinge, want sy hart vir Parkies is so groot soos ʼn hotel.
Hy is die gees in die “Menlofees” en hierdie man bou ʼn koshuis en organiseer ʼn kaskarwedren voor ontbyt. Hy is ʼn onmisbare skakel in die dinamiese bestuur van Die Hoërskool Menlopark.
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Mnr Nico Erasmus - Adjunkhoof: Vakveranderings en atletiek
Mnr Nico Erasmus: Adjunkhoof – Vakveranderings en Atletiek wat Die Hoërskool Menlopark reeds die afgelope jare die Jakaranda Prestige Atletiekbyeenkoms laat wen en sorg dat ons atletiek die UJ atletiek-koning is.
As Geskiedenis-onderwyser behaal hy ewe groot suksesse met die helfte van sy Gr 12-klas wat A-simbole en ʼn gemiddeld van 74% en meer in die Gr 12-eindeksamen behaal. Hy is ook ʼn formidabele Wiskunde-onderwyser.
Hy is een van die mees geliefde personeellede by Die Hoërskool Menlopark wie se passie en dryfkrag aansteeklik inwerk op sy leerders, hetsy in die klaskamer of op die atletiekbaan.
Hy is ook die man wat binne een week ʼn Interhoër van Pilditch af skielik by sy eie skool kan akkommodeer, omdat hy ʼn asembenemende organiseerder is. Mnr Erasmus is ons skool se trots!
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Mnr Harm van Helsdingen- Adjunkhoof: Dissipline, koshuis & klein sporte
Mnr. van Helsdingen is in volle beheer van die Koshuis en koshuissake soos keuring, plasing finansies en dissipline.
Hy is ook ʼn voortreflike Geskiedenis-onderwyser met uitstekende Gr 12-uitslae. Hy en mnr Nico Erasmus wissel mekaar af en sodoende het elkeen elke tweede jaar die Gr 12-leerders vir Geskiedenis. Sy algemene kennis werk aansteeklik in op Parkies en Maandagoggende in saalopening behandel hy ʼn unieke spotprent met ʼn saal vol Menlo-manne en Menlo-meisies wat aan sy lippe hang.
Swem en Kleiner Sporte
Hy is ook in beheer van die MUURBAL-AKADEMIE, die TENNISAKADEMIE, en bestuur Menlo-swem. Hy is dan ook die man wat alle drome waar maak in Parkieland! ʼn Parkie kan enige sportsoort beoefen, solank hy/sy net sy sin begin met ABSOLUT MENLO!Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Me Elbeth Vermaak - Adjunkhoof: Akademie en kultuur
Me Elbeth Vermaak. Sy bekoor Wetenskapleerders met die leuse: “Wetenskap: waar wenners wenners word” in so ʼn mate dat daar jaarliks ongeveer 200 inskrywings vir die Wetenskap-Olimpiade is.
Sy lei as departemensthoof die Fisiese wetemskappedepartement tot hoë hoogtes. Sy organiseer ook ʼn Interne Wetenskap Ekspo waaraan al wat Wetenskap-leerder is, deelneem!
Sy skryf haar eie leerprogramme en is bekend vir die brugbou-kompetisies wat sy organiseer. Sy het puik Gr 12-uitslae vir Wetenskap en staan kop en skouers bo haar kollegas van ander skole uit.
Me Vermaak is ook aan die hoof van die Menlo-Verrykingsakademie en bring sprekers na die skool wat ʼn uitgebreide kurrikulum aan die leerders bied.
Sy bestuur ook alle kultuur-aktiwiteite by ons skool met die grootste sorg en met dinamiese denke: koor, orkes, redenaars en debat is absolut haar forté!
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Me Hannaliza Fechter - Direkteur Bemarking
Me Hannaliza Fechter is verantwoordelik vir ons weeklikse nuusbrief en mediaskakeling
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Me Esme Claassen
Me Esme Claassen is 'n formidabele Engelse onderwyser
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.