Die Hoërskool Menlopark

Algemene inligting

MENLO-WERKPLAN

Elke leerling ontvang aan die begin van die jaar 'n Menlo-dagboek (WERKPLAN) met alle inligting en die Menlo-jaarplan.

SKOOLTYE

Die Hoërskool Menlopark se dag begin stiptelik om 07:30

Ons skool sluit Maandag tot Donderdae 14:00 en Vrydae 13:20.

SKOOLDRAG

Skooldrag (somersdrag) en uitgaandrag is nodig vanaf Januarie.
Skooldrag beskikbaar by die Constantia Uitrusters  en by die Klerebank.

KLEREBANK

Klere uit ons klerebank is tweedehands. Per afspraak. Kontak me. Lize Preston via die Menlo-ontvangs (012-361 7738/ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

KLEREWINKEL

Die Menlo-klerewinkel verskaf sportdrag en sweetpakke.

Klerewinkeltye:

Januarie 2017 tot September 2017:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:30 - 14:30

Woensdae en Vrydae:                         07:00 - 08:00

Oktober 2017 tot 9 Desember 2017:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:45 - 14:15

Woensdae en Vrydae:                        07:15 - 07:45

Navrae en afsprake (vir ouers van buite Pretoria): 9 Januarie 2017

Tinus Vermaak (Tel:0823226081)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

www.sportsupplies.co.za

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES

  • Addisionele kostes vir handboeke word beperk tot gr.10-12  – meeste handboekgelde is ingesluit by skoolgeld en word deur die skool voorsien. Enkele vakke in gr. 10 -12 vereis die aankoop van toerusting of 'n handboek – dit word via die vakonderwyser geadministreer.
  • Geen amptelike skryfbehoeftelys nie - basiese skryfbehoefes in pennesakkie word benodig: blou pen, potlood, uitveer, skêr, gom ens.
  • Die meeste leerareas (gr. 8-9) vereis 'n “Flat File” (lêer met pennetjies en deursigtige buiteblad). Hou in gedagte dat enkele onderwysers dalk kan vra vir 'n spesifieke kleur vir 'n spesifieke klas, bv. in Engels is 8A die rooi klas.

VERVOER

Munisipale busroetes: 012 – 358 0221/3/4 en loer gerus op die webblad vir privaat georganiseerde vervoergeleenthede.

NASKOOLFASILITEIT

Menlo-Naskoolfasiliteit: Die Mediasentrum is elke middag van die week oop (behalwe Vrydae) tot 16:00 met toesig vir leerders wat wil werk. Kospakkies kan met 'n etekaartjie vanaf die koshuis by die Menlo-ontvangs bestel word. Kontak gerus Me. Nina Venter, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., by die Menlo-Ontvangs vir meer inligting.

INDELING VAN SPANNE VIR INTERHUIS

Atheners:  vanne wat begin met V,G,O,W,U
Milete:  vanne wat begin met D,P,C,R,F,I, N
Spartane:  vanne wat begin met S,M,H,T,A
Trojane:  vanne wat begin met  B,L,K,J,E,Z,Y,Q,X