Menlo_Menlopark_Hokkie

Absolut dogtershokkie 2017- Menlo maak weer skoonskip in Stadsbeker!

Menlo het, soos verlede jaar, skoonskip gemaak in die 2017 Stadsbeker deur al die ouderdomafdelings te wen. Absolut geluk!

Menlo-dogtershokkie oppad na 2017 se Super 12-toernooi  

SA-skolehokkie in samewerking met Oranje Meisieskool bied elke jaar ‘n Super 12-toernooi in Augustus aan waarna net die top 10 hokkieskole in die land genooi word. Alle eerstespanne het tot 31 Mei gehad om te kwalifiseer vir hierdie toernooi.

Die Hoërskool Menlopark se eerstedogtershokkiespan het hierdie jaar vir dié topkompetisie gekwalifiseer en ons is opgewonde om deel te wees van hierdie uitsoekgeleentheid. Op hierdie stadium beklee die Menlo-span die 5de posisie op die nasionale ranglys na Oranje Meisies, St Mary’s Waverley. St Anne’s en Paarl Gim. Die top 10 skole en 2 “wild cards” word uitgenooi en hokkie van die hoogste gehalte word elke jaar tydens hierdie toernooi gespeel.            

Absolut dogtershokkie - Menlo maak skoonskip in 2016 Stadsbeker!                       

 

 

Twee hokkiedogters opgeneem in 2016-SA-spanne!

Baie geluk aan die volgende dogters wat in onderskeie SA-spanne opgeneem is:

Elita van Staden - SA 0/16 en Chante Ferreira – SA 0/16

Absolut Noordvaal-kampioene!

Menlo wen 3 van die 4 Noordvaal-trofeë in 2015

Uitslae van die Noorvaal-finaal:

0/14  Menlo wen Middelburg 2-1

0/15  Menlo wen Monnas 3-0

1stes Menlo wen Waterkloof 3-1

So het Beeld berig:

  

Drie hokkiedogters opgeneem in 2015-SA-spanne!

Baie geluk aan die volgende dogters wat in onderskeie SA-spanne opgeneem is:

Carli Pretorius – SA 0/17, Clarise Smit – SA 0/16 en Chante Ferreira – SA 0/16

 

Oud-Parkie, Elmien Marais,  pas gekies vir 2015 se O/21-oefengroep

http://www.sahockey.co.za/index.php/sa-teams/sa-u21-women/74-sa-women-s-u21-squad-announced

 

Stadsbekerwenners 2014!

Al drie die Menlo-spanne wat in 2014 in hul onderskeie Stadsbekerfinale gespeel het, is gekroon as Stadsbekerkampioene! Menlo se dogtershokkie het die afgelope drie jaar 8 van die 12 Stadsbekers (alle ouderdomme) ingepalm. Absolut ons trots!

2015a.jpg - 343.39 kb