Menlo_Menlopark_Fietsry

Menlo Fietsry 2017

Die Menlo Fietsryklub registrasievorm en 2017 Bergfietswedrenne is hier beskikbaar - heel onder op hierdie bladsy.

Belangrike webtuistes:

www.eventry.co.za - alle skole wedrenne en Nissan-reeks Marathon registrasies

www.bikeabout.co.za - Gauteng provinsiale wedrenne

www.buycycle.co.za – kleredragbestellings

www.francosport.co.za – Babba’s Lodge wedrenne wat elke 2de Saterdag (MTB) en 2de Sondag (Marathon) van elke maand aangebied word

Die Hoërskool Menlopark het die afgelope jaar verdere baanbrekerswerk vir fietsry as ‘n skolesport gedoen.

Die Absolut Menlopark Fietsry Akademie (AMFA) het die lig gesien en hieruit het die affiliasie met Fietsry Suid- Afrika (CSA) gevolg.

Die AMFA het ‘n fietsrybaan op ons skool terrein uitgelê. Die baan is in gebruik geneem met ‘n pretwedren wat baie goed deur al die leerders ondersteun is. Daarna is ‘n interskolewedren ter plaatse aangebied met Helpmekaar, Potchefstroom Volkskool en Waterkloof  as deelnemende skole.  Die formaat van die wedren en van die dissiplines was beslis ‘n eerste op skolevlak en ons sien reeds uit na volgende jaar se wedren.

Menlo-fietsry het in 2012 getoon tot watter hoogtes gemotiveerde leerders en betrokke ouers in staat is. ‘n Spesiale word van dank aan die ouerkomitee onder leiding van Floris en Cecile Slabbert wat fietsry by Menlo met groot toewyding en opoffering tot ‘n heeltemal nuwe vlak geneem het. Bernard Botha, die spankaptein, het hierdie ouerinisiatief merkwaardig aangevul en sy bydrae tot die sukses van fietsry by Menlo word hoog op prys gestel. Ons groet ook vir Jac Johan Steyn wat met sy nasionale en internasionale prestasies die beeld van Menlopark so uitstekend uitgedra het. Ons gaan jou fietsryloopbaan in die toekoms met belangstelling volg.

Ten slotte ‘n woord van dank aan al die ouers vir julle hulp en ondesteuning ten einde die betrokke leerders in staat te stel om in hierdie mooi sport namens hulle skool te beoefen.

Die fietsryspan het in skoolverband aan die volgende wedrenne deelgeneem:

Gauteng Provinsiale XCO-wedrenne (5 wedrenne)

-          Thaba Trails (JHB-suid)
-          Phambili en Avianto (JHB-wes)
-          Fonteine (Pretoria x2)

Anatomic Spur XCO-reeks (Hoërskole MTB-wedrenne  -  4 wedrenne)

-          Tour de Parys (Vriendskaplik)
-          Tour de Dam
-          Tour de Plaas
-          Tour de Kloof

Interskolewedren

-   Tour de ABSOLUT Menlo
o   Hoër Volkskool Potchefstroom
o   Die Hoërskool Menlopark
o   Helpmekaar College
o   Hoërskool Waterkloof

Marathon-wedrenne

o   5 Nissan Marathon-wedrenne
o   Hazeldean
o   Diamond Rush
o   Down & Dirty
o   Van Gaalens
o   Cradle of Human Kind
o   Mabilingwe Lion Man
o   Beast of the East

Nasionale Wedrenne

-   Fonteine (Gauteng)
-   Mankele (Mpumalanga)
-   Bekker  Hoërskole Finaal  (Magaliesburg)

Aflaaibaar:

Registrasievorm 2017

Wedrendatums 2017