Menlo Gholf

Menlo Gholf-Akademie slaan af in 2016!

Ons stel opgewonde die stigting van Die Hoërskool Menlopark se  nuwe Menlo Gholf- Akademie bekend . Die hoofdoel van die Menlo Gholf-Akademie (in kort die MGA) is tweeledig: (1) om deur middel van internasionaal toonaangewende afrigting en fasiliteite, aan top junior gholfspelers asook enige leerder wat gholf as ‘n potensiële loopbaan sou oorweeg, die geleentheid te bied om hoë-vlak mededingende gholf te speel, maar ook (2) om ‘n MENLOPARK-gholfgemeenskap te skep waar enige leerder, onderwyser, ouer of Menlo-Alumni die geleentheid het om gholf op ‘n sosiale basis te beoefen. Alle belangstellendes in die MENLOPARK-gemeenskap word genooi word om deel te word van die Menlo Gholf-Akademie.Die Menlo Gholf-Akademie is uniek vanweë die volgende kenmerke:• ‘n Plaaslike (‘in-huis’) gekontrakteerde PGA gholfafrigter.• Gespesialiseerde gholffasiliteite op die skoolterrein: Gekombineerde binne- en buitenshuise gholfsentrum;  Buitespelarea: dryfspelnette, kortspelbaan en mini putt-putt baan.• Spesialis afrigtingsprogramme• Pretoria Country Club lidmaatskap vir alle MGA-spelers.• Kompeterende deelname aan gholftoernooie.• ‘n Akademiese program: ‘Gholf’ as sportkunde keusevak wat ingefaseer word (graad 8 2016) en leerders kan per e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. so ‘n vakkeusevernadeing doen om.• Laerskole afrigtingsprogramme.• Menlo-Gholfklub: lidmaatskap deur Alumni, ouers, onderwysers en leerders vir sosiale gholf.

 

Gholf is absolut 'n skolesport!

Gholf, as ‘n volwaardig erkende skolesport, word hoofsaaklik gedurende die derde kwartaal by Die Hoërskool Menlopark gespeel.

Ons is deel van die Gauteng-Noord-skoleliga.

Die afgelope aantal jare speel nagenoeg ses van ons spanne in die liga. Die eerste en tweede span speel in die A-liga (voorgee 0-12) en twee spanne in die B-liga (voorgee 12-18).

Daar is ook ligawedstryde vir beginners. Graad 8’s speel in die ontwikkelingsliga en Die Hoërskool Menlopark het selfs die afgelope jare ‘n dogterspan of twee ook in die liga gehad.

Ligaspanne word suiwer op grond van voorgee gekies.

Die Hoërskool Menlopark het reeds talle provinsiale spelers opgelewer. Die skool beloon presteerders op gholfgebied met die toekenning van kleure en erekleure.

Ons is trots op Christoff Els wat in 2011 nasionale kleure vir skolegholf verwerf het en Danielle du Toit wat vanaf 2014 op nasionelae vlak skoonskip maak!

Menlo-Gholf bied aan elke gholfspeler by Die Hoërskool Menlopark ‘n goed georganiseerde en kompeterende gholfervaring.

Hiermee die 2017 liga-uitslae:

A Liga

Menlo 1 vs Garsfontein 1     33-38

Menlo 1 vs Curro Hazeldean 1     38-40

Menlo 1 vs PBHS 2     34-32

Menlo 1 vs AHS 3     39-33

Menlo 2 vs AHS 2     35-36

Menlo 2 vs Midstream1   4133

Menlo 2 vs PBHS 1  46 33

Menlo 2 cs Waterkloof 2    41 -38

 

B-Liga

Menlo 3 vs Erasmus 1   41-51

Menlo 3 vs Zwartkops 2  39-37

Menlo 4 vs PBHS 3    43-40

 

C Liga

Menlo 5 vs Curro Hazeldean 2    3-1

Menlo 5  vs Midstream 2      1-3

Menlo 5 vs Gerrit Maritz 1    1-3

Menlo 6 vs Akasia 1   3,5 0,5

Menlo 6 vs Erasmus 2    3- 1

Menlo 6 vs PBHS 5   4-0

Menlo 7 vs HTS John Vorster 1    3-1

Menlo 7 vs Curro Roodeplaat   4-0

 

Menlo 7 vs Wonderboom  3- 1