Menlo Gholf

Danielle wen Noordwes ope gholftoernooi

Danielle stap met die louere weg tydens die Noordwes Ope gholftoernooi met ‘n bewonderenswaardige 14 onder die baansyfer oor 54 putjies (3 rondtes).

Klik hier vir die spogartikel op die webtuiste van Women’s Golf South Africa!

Danielle se 2016 gholfprestasies ken geen keer! 

Op junior vlak (0/18)

Vanaf 14-16 Junie verteenwoordig Danielle Suid-Afrika tydens die “2016 Toyota Junior Golf World Cup”, waar die SA-dogterspan in die sewende plek eindig.

Die SA-dogterskroon (o/18) behoort aan hierdie Parkie waar sy koning kraai in die gesogte “Nomads SA Girls Championship” wat plaasgevind het vanaf 26-28 Junie.

Op senior vlak

Danielle tree ook as wenner uit die stryd met die “Liberty Gauteng North Match Play Championship” wat gespeel is vanaf 4 – 6 Julie.

Die derde plek in die “Sanlam South African Women’s Amateur Match Play Championship 2016” behoort ook aan haar. Hierdie kampioenskap is beslis vanaf 10-13 Julie.

Sy wen ook die Suid-Kaapse Kampioenskap - lees 'n spogberig oor haar prestasie hier 

Absolut kolhou! Baie geluk Danielle!

 

Danielle oppad na die Junior World Cup Championships!

Danielle du Toit (gr. 11) , Menlo se eie gholfsensasie, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Japan tydens die Junior Word Cup Championships. Absolut geluk!

Danielle wen die "2016 World Amateur Golf Audi Reunion"-kampioenskap

Kliek hier om die spogberig te lees

Absolut SA-kampioen!

Baie geluk aan Danielle du Toit wat gekroon is as 2015 se Suid-Afrikaanse 0/16 Gholfkampioen!