Krieket kolf

Menlo-Krieket

Krieket by Die Hoërskool Menlopark het die afgelope paar jaar sedert sy stigting ‘n hoogtepunt bereik en ‘n standaard van uitnemendheid gevestig. ‘n Opwindende krieketkultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en krieket-etiket word gehandhaaf. In die proses het krieket ‘n ongekende groei getoon in getalle, gerugsteun deur moderne tegnologie en topafrigters.

Arno van Wyk (hoofbestuurder), Petrus Coetzee (hoofafrigter) en 'n hele span afrigters is tans betrokke by 120 krieketspelers. Die totale benadering is om elke kind te help ontwikkel en geleenthede te bied, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel. Verdere blootstelling sluit jaarlikse binne- en buitelandse toere in vir alle junior en senior spanne. Die benadering is om ook geselekteerde individuele spelers die geleentheid te gee om oorsee te speel.  Menlo-krieket onderneem  in 2015 nog  ‘n ontwikkelingstoer  na Engeland.

Fasiliteite

Puik fasiliteite soos ‘n moderne klubhuis met binnenshuise-nette, ‘n krieketwinkel, ‘n besprekingslokaal met die mees moderne tegnologie, 10 krieketnette en ‘n groot krieketovaal is in gebruik. Afrigting by Die Hoërskool Menlopark is verder ontwikkel met die aanbou van ‘n oudiovisuele kamer vir tegniese analise van spelers. Daar is onlangs 16 turfnette langs die krieketovaal aangebring en die ovaal beskik ook oor moderne spreiligte.

Afrigting

Om optimale blootstelling in afrigting te bied, word alle afrigtingsessies vooraf beplan. ‘n Volledige program word vir alle groepafrigting saamgestel en sluit sessies by ‘n verskeidenheid fasiliteite in asook tegniese orientering van elke speler wat gimnasiumwerk, teorie en konstante evaluering insluit.

Individuele aandag is ook aan die orde van elke kwartaalprogram.  Spelers ontvang individuele afrigting wat aangebied wat deur  gekoöpteerde afrigters of spesialiste (wat vir addisionele advies genader word). Die sessies sluit ook video-analises en konstante wedstrydsimulasies in.

Daar word deurgaans gespesialiseerde aktiwiteite vir ons seuns gereël. Spesialisklinieke word op ‘n gereelde basis deur hoogsgekwalifiseerde afrigters aangebied en ons konsentreer veral op gebiede soos kolfwerk, draaibalboulwerk, naatboulwerk en paaltjiewagterskap. Op die spesialisgebied is dit ook vir ons belangrik om alle belangstellende ouers betrokke te kry deur georganiseerde forums vir ouers aan te skep, sodat almal op hoogte van sake is van alle nuwe krieketinligting.

 Menlo-krieket  is gefokus op net een aspek: afrigting. Konstante verbeterings en die nuutste tegnologie in afrigting word deurgaans aan ons seuns deurgegee. Afrigting is vir alle afrigters ‘n passie!

Kontakbesonderhede: Menlo-krieket-bestuur

Arno van Wyk (Hoofbestuurder)

Kontakbesonderhede: 083 469 9992 /  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Petrus Coetzee (Hoofafrigter)

Kontakbesonderhede: 083 265 1488 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.