Menlo-Landloop

Doel met Landloop

Ons hoofdoel met landloop is om hardloop en oefen vir die atlete lekker te maak. Ons wil ‘n liefde vir hardloop kweek wat hopelik ‘n leefwyse sal word.

Ons werk aan algemene fiksheid wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte.

Landloop verg toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigheid.

Menlo_Menlopark_landloop 

Oefentye 2017:

 

Maandae - Donderdae

14:30 - 16:00

 

Vrydae

13:40 - 14:40

 

Saterdae

Parkrun

Die Hoërskool Menlopark se Landloopseisoen het vroeg hierdie jaar afgeskop. Ons atlete het dadelik begin deelneem by die weeklikse Parkrun wat plaasvind by die Botaniese Tuine. Dit is ‘n nie-winsgewend instansie om vir alle ouderdomsgroepe ‘n geleentheid te gee om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Dit gee ons atlete ook ‘n kans om wedlope te geniet en hulle te inspireer om harder te oefen, aangesien elkeen geplaas word volgens tyd en posisie. Graag nooi ons alle leerders en ouers om elke Saterdag om 08:00 aan die wedloop deel te neem. 

Kitsfeite:

- Toegang is gratis

- Parkering is gratis met sekuriteit

- Besoek www.parkrun.co.za om te registreer vir die wedloop

- Een keer ‘n maand is daar ‘n Banting kosmark by die Botaniese Tuine vanaf 09:00-13:00

 

Uitslae 2017:

Noordvaal 2017:

Noordvaal Aflos Seuns 2de

Noordvaal Gemende aflos Wenners

Noordvaal Dogters Finaal : Menlopark 5de

 

 

Op Saterdag, 10 Junie neem 5 landloopatlete van Die Hoërskool Menlopark deel aan die Interprovinsiale kampioenskappe wat in Bronkhorstspruit plaasvind en hiermee verwerf hulle ook hulle Gauteng Noord-kleure.

Die atlete wat hul Gauteng-Noord klere ontvang is:

Mira Kaffka, Joané le Roux, Melt von Molendorff, Jacques van Staden en Niel van der Merwe.

 

Liga 1: Hoërskool Eldoraigne 

Junior-dogters - 3de en senior-dogters - 6de 

Junior-seuns - 10de en senior-seuns 16de

 

Aflosbyeenkoms: Curro Serengeti 

Junior-dogters - 4de en senior-dogters - 7de 

Junior-seuns - 8ste en senior-seuns - 15de