Menlo_Menlopark_Atletiek

2019-Uitslae

Parkie-atlete wys hul staal

Die Hoërskool Menlopark is met reg trots op ons atlete. Binne ʼn bestek van slegs vyf dae het die Parkie-span twee atletiekbyeenkomste gewen.

Tydens die Agri Top-15-byeenkoms wat op 30 Januarie by Hoërskool Hoogenhout in Bethal plaasgevind het, het die atlete hulle staal behoorlik gewys. Daar was nie minder nie as 37 deelnemende skole. Nietemin, slaag die Menlopark A-span daarin om met die louere weg te stap en die Menlopark B-span verower die 13e plek. 

Die top Parkie-prestasies van die AGRI Top-15-byeenkoms was:

Meisies

Lesedi Khunou Diskus o. 15 1200 ABSA-punte

Megan Erasmus Spiesgooi o. 14 993 ABSA-punte

Angelique Nelson Spiesgooi o. 14 968 ABSA-punte

Seuns

Deacon du Preez Gewigstoot en diskus o. 15 1200 ABSA-punte (beide items)

Hanru Potgieter Diskus o. 14 1172 ABSA-punte

Liam Pavier Gewigstoot en diskus o. 14 1168 en 1038 ABSA-punte onderskeidelik 

Aiden Smith Gewigstoot o. 15 1128 ABSA-punte

Markus Kotzee Gewigstoot o. 17 1011 ABSA-punte

Kevin Locke Gewigstoot o. 16 1008 ABSA-punte

Die 32ste jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms, met deelnemende skole van sover as Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal, was oudergewoonte ʼn byeenkoms wat puik prestasies opgelewer het. Die ondersteuners het behoorlik asem opgehou; enersyds was die atletiek van uitstaande gehalte en andersyds het die weer vir ʼn paar benoude oomblikke gesorg. Gelukkig kon die byeenkoms suksesvol afgehandel word. Die Hoërskool Menlopark het as wenners uit die stryd getree, met Hoërskool Monument in die tweede plek en HTS Middelburg in die derde plek. Ons spog graag met Markus Kotzee wat aangewys is as die Victor Ludorum.

Die top Parkie-prestasies van die 32ste uitnodigingsbyeenkoms was:

Meisies 

Megan Erasmus Spiesgooi o. 14 1067 ABSA-punte

Lesedi Khunou Diskus en gewigstoot o. 15 1017 en 864 ABSA-punte onderskeidelik

Erasel Boer 90m-hekkies en 200m o. 14 973 en 902 ABSA-punte

Cellonika van der Berg Spiesgooi o. 14 951 ABSA-punte

Angelique Nelson Spiesgooi o. 14 941 ABSA-punte

Kirsti Bell 800m o. 17 933 ABSA-punte

Heike van Rooyen 100m o. 15 907 ABSA-punte

Lara Scholtz 1500m en 800m o. 14 892 en 891 ABSA-punte onderskeidelik

Mila Compaan 100m-hekkies o. 16 866 ABSA-punte

Natasha van Niekerk 1500m o. 14 859 ABSA-punte

Jade Mack Hoogspring o. 15 858 ABSA-punte

Rozelle Hattingh 100m o. 17 848 ABSA-punte

Seuns

Liam Pavier Gewigstoot en diskus o. 14 1200 ABSA-punte (beide items)

Hanru Potgieter Diskus o. 14 1186 ABSA-punte

Deacon du Preez Diskus en gewigstoot o. 15 1173 en 1017 ABSA-punte onderskeidelik

Aiden Smith Gewigstoot o. 15 1064 ABSA-punte

Dwayne Smith 200m o. 16 982 ABSA-punte

Markus Kotzee Gewigstoot en diskus o. 17 965 en 961 ABSA-punte onderskeidelik

Kevin Locke Gewigstoot o. 16 939 ABSA-punte

Nielen Visser Diskus o. 15 924 ABSA-punte

Wian van Niekerk 1500m o. 17 908 ABSA-punte

Johan Jansen van Vuuren 800m en 1500m o. 15 905 en 904 ABSA-punte onderskeidelik

Hannes Louw 1500m o. 15 900 ABSA-punte