Menlo-netbal hoogtepunte van 2019

• Die o17A-span het by Tshwane-uitspele kwalifiseer om ook aan die Gauteng- kampioenskappe deel te neem.  Baie geluk aan afrigter Natalie Rabe, en haar span wat besondere veggees aan die dag gelê het.

• Die 015A-span het ‘n 3de plek in Gauteng verower!  Ons gelukwense aan afrigter Fransie Roberts en haar span met hierdie pragtige prestasie.

• Baie geluk ook aan ons o14; o15 en o16 A-spanne wat tydens die jaarlikse Volkies Twizza toernooi in Potchefstroom, met brons medaljes weggestap het.

• Tydens vanjaar se S.A kampioenskappe, het ons hoofafrigter, Manny Ferreira, se o16-span ‘n trotse brons medalje verower.  Me. Nataly Rabe se o17-span het met ‘n 7de posisie weggestap.  Baie geluk aan hierdie afrigters, met ‘n goeie prestasie!

• Die Hoërskool Menlopark het vanjaar 13 spelers gehad wat aan die finale Gauteng Skole Netbalproewe op 1 Mei deelgeneem het.  Van hierdie groep wil ons graag die volgende spelers gelukwens met hul insluiting in Gauteng-spanne:

o.14:  Meagan Erasmus

o.15:  Zani Niemand

o.16:  Giselle Gurshler, Moshè de Wet en Jade Bekker

o.17:  Rozelle Hatting en Milla Coetzee

o.18:  Sharlè Labuschagne

 

Absolut netbal: Menlo is beste in SA in 2018!

Tydens die O/19 SA kampioenskappe het ons eerstespan in ‘n titaniese stryd in die finaal teen AHMP gewen.  Dit is die tweede jaar in ‘n ry dat ons Eerste span as wenners gekroon word.

Die Hoërskool Menlopark word ook gekroon as die beste netbal skool in Gauteng!

Absolut Netbal SA Spelers

Menlopark spog in 2018 met twee spelers wat in Suid-Afrikaanse spanne opgeneem is:  Sharlé Labuschagne vir die O/17 span en Lucy Strydom as kaptein van die O/18 Span.

 

Absolut netbal provinsiale spelers 2018

10 Spelers het vanjaar die Gauteng spanne gehaal en ook daar Menlopark se naam hoog gehou.

 

Claudia en Izette speel doelgerig in die groen en goud

Ons is baie trots op Claudia Jarrard (graad 12) wat op Woensdag 25 Januarie, na Durban vertrek het om in die voorwedstryde van die quad-series van SASN (voorwedstryde vir Proteas, Australië, Nieu-Seeland en Engeland) te gaan deelneem. Hierdie toernooi dien as oefenkamp vir die Fidji-toernooi in Mei 2017. Claudia het ook verlede jaar vanaf 1-3 Desember in die Dubai sewestoernooi gespeel waar sy haar span, as kaptein, na ’n oorwinning gelei het. Izette Lubbe (’n assistentonderwyseres by ons skool) is gekies vir die Spar Protea-span wat in dieselfde reeks meeding.

Absolut netbal SA-spelers!

Slegs 35 netbalspeelsters word gekies vir ‘n SA-span en uit hierdie groep word slegs 14 gekies vir ‘n openingswedstryd vir die Proteas by die Afrika-spele. Baie geluk aan Anique Grobler (regs op die foto hiernaas) wat die top 35 spelers gehaal het in die o/18-ouderdomsgroep en ook Claudia Jarrard (links op die foto hiernaas) wat na die top 14 deurgedring het in die o/17-ouderdomsgroep.

 

 

Absolut netbal provinsiale spelers 2016! 

O/14: Milla Coetzee, Belinda J.v Rensburg, Claudia Aird

O/15: Charle Labuschagne

O/16: Lucy Strydom

O/17: Claudia Jarrard

O/18: Anique Grobler

 

Ons SA-O/15-span  toer na Singapore!

Ons O/15-span wat  as SA-wenners vir die tweede agtereenvolgende jaar gekroon is, toer op uitnodiging na Singapore!

20151124_010559.jpg - 106.59 kb

Twee spelers in  2015 se SA 0/17-oefengroep!

Baie geluk aan Anique Grobler en Samantha Holder wat ingesluit is in die SA 0/17-span se oefengroep

Absolut Provinsiale-spelers!

Gauteng spelers 2015:

0/14 Sharle Labuchagne, Anke Crouse

0/15 Lucy Strydom, Daniele Coetzer, Rolene Streutker

0/16 Claudia Jarrard, Charlene Frits

0/17 Anique Grobler

Rhino-week 2015:

0/17 Samantha Holder

 

Beste 0/17 & O/14-Netbalspan in SA!

Menlo_Menlopark_Netbal_Pieter_Lowne-Hughes

O/14's beste in Gauteng & beste in SA!

      

 24.jpg - 328.84 kb

24d.jpg - 15.48 kb

Tydens die Gauteng- Winterspele het die O/14-netbalspan goue medaljes verower en wen in Desember die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die spannetjie pronk hierbo saam met hulle afrigter, Manny  Ferreira.

 22.jpg - 39.23 kb

Lucy Strydom is ook as speler van die Gauteng-Winterspele aangewys! Absolut O/14's!

Oud-Parkie verkies tot Proteas-span

Oud-Parkie Lenize Potgieter is verkies tot die Netbal Proteas-span wat by die Commonwealth Games gaan deelneem.  Lees die volledige artikel hier.