Menlo_Menlopark_Netbal

Absolut netbal: Menlo is beste in SA in 2017!

Baie geluk aan Menlo se eerstespan wat die SA-kampioenskappe gewen het. Ons is absolut trots op julle!

Claudia en Izette speel doelgerig in die groen en goud

Ons is baie trots op Claudia Jarrard (graad 12) wat op Woensdag 25 Januarie, na Durban vertrek het om in die voorwedstryde van die quad-series van SASN (voorwedstryde vir Proteas, Australië, Nieu-Seeland en Engeland) te gaan deelneem. Hierdie toernooi dien as oefenkamp vir die Fidji-toernooi in Mei 2017. Claudia het ook verlede jaar vanaf 1-3 Desember in die Dubai sewestoernooi gespeel waar sy haar span, as kaptein, na ’n oorwinning gelei het. Izette Lubbe (’n assistentonderwyseres by ons skool) is gekies vir die Spar Protea-span wat in dieselfde reeks meeding.

Welkom aan ons nuwe netbal-dame aan die stuur!

Akademiehoof: Hanlie Oberholzer 

 

Absolut netbal SA-spelers!

Slegs 35 netbalspeelsters word gekies vir ‘n SA-span en uit hierdie groep word slegs 14 gekies vir ‘n openingswedstryd vir die Proteas by die Afrika-spele. Baie geluk aan Anique Grobler (regs op die foto hiernaas) wat die top 35 spelers gehaal het in die o/18-ouderdomsgroep en ook Claudia Jarrard (links op die foto hiernaas) wat na die top 14 deurgedring het in die o/17-ouderdomsgroep.

 

 

Absolut netbal provinsiale spelers 2016! 

O/14: Milla Coetzee, Belinda J.v Rensburg, Claudia Aird

O/15: Charle Labuschagne

O/16: Lucy Strydom

O/17: Claudia Jarrard

O/18: Anique Grobler

 

Ons SA-O/15-span  toer na Singapore!

Ons O/15-span wat  as SA-wenners vir die tweede agtereenvolgende jaar gekroon is, toer op uitnodiging na Singapore!

20151124_010559.jpg - 106.59 kb

Twee spelers in  2015 se SA 0/17-oefengroep!

Baie geluk aan Anique Grobler en Samantha Holder wat ingesluit is in die SA 0/17-span se oefengroep

Absolut Provinsiale-spelers!

Gauteng spelers 2015:

0/14 Sharle Labuchagne, Anke Crouse

0/15 Lucy Strydom, Daniele Coetzer, Rolene Streutker

0/16 Claudia Jarrard, Charlene Frits

0/17 Anique Grobler

Rhino-week 2015:

0/17 Samantha Holder

 

Beste 0/17 & O/14-Netbalspan in SA!

Menlo_Menlopark_Netbal_Pieter_Lowne-Hughes

O/14's beste in Gauteng & beste in SA!

      

 24.jpg - 328.84 kb

24d.jpg - 15.48 kb

Tydens die Gauteng- Winterspele het die O/14-netbalspan goue medaljes verower en wen in Desember die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die spannetjie pronk hierbo saam met hulle afrigter, Manny  Ferreira.

 22.jpg - 39.23 kb

Lucy Strydom is ook as speler van die Gauteng-Winterspele aangewys! Absolut O/14's!

Oud-Parkie verkies tot Proteas-span

Oud-Parkie Lenize Potgieter is verkies tot die Netbal Proteas-span wat by die Commonwealth Games gaan deelneem.  Lees die volledige artikel hier.