Menlo-rugby

Menlo-Rugby streef uitnemendheid op twee gebiede na: die maksimale ontwikkeling van die potensiaal van elke speler, ongeag die span waarin hy speel, en die blootstelling van elke speler aan die mees moderne tegnologie en metodiek in afrigting.  So bereik ons gemaklike die hoogste hoogtes.

Die dinamiek tussen professionele afrigting en ‘n gedrewendheid tot ontwikkeling, bring ‘n Absolut Menlo-entoesiasme en -spangees wat so kragdadig is dat die Menlo Rugby-Akademie, onder leiding van mnr. Dean van der Watt, sorg vir ‘n aktiewe, gedissiplineerde lewenstyl en internalisering van die skoolleuse, nl. Excelsa Petamus (ons streef die hoogste na). Menlo-Rugby is stewig gevestig op ‘n fondament van streng dissipline wat ononderhandelbaar is.

Menlo-Rugby staan op twee bene: die Rugby-Akademie, met ‘n visionêre rugbybestuur, en die Menlo-ondersteunersklub (MRK), wat sorg dat passie en entoesiasme ons rugbyseuns motiveer en aanvuur en hulle ten doel stel om, in samewerking met die gemeenskap, Menlo-rugby dinamies te hou.

Fasiliteite

Die Hoërskool Menlopark is bevoorreg om oor ‘n sportsentrum onder ons hoofpawiljoen te beskik wat ondersteuning bied aan sportmeisies en sportmanne (in alle sportsoorte) ter voorbereiding vir en gedurende die seisoen.

Die Sport-Akademiehoofde werk ook hulle oefenprogramme uit in samewerking met die kundigheid beskikbaar in die Menlo-sportsentrum:

Rugby-Akademiehoof
Dean van der Watt
083 631 4992

Fisioterapeut:
Gerbrandt Viviers
Tel: 012 348 6466

Biokinetikus/Gimnasiumwerk:
Sylvester Booysen
082 633 9956

Sport- & Oefenkunde-spesialiste: Cross Fit-gimnasium op die skoolterrein
Branco Visagie
071 474 6523
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Oog- & Oefenkunde-spesialis:
Jolene Campher
Tel: 072 607 4087

  • Die skool het drie rugbyvelde, waarvan die A-veld, met sy 6000-sitplek pawiljoen, oor 'n volledige stel spreiligte beskik.
  • Die B- en C-veld is ook met spreiligte toegerus.
  • Daar is 'n pragtige rugbyklubhuis en toerusting sluit onder andere dryfsakke, A-rame en skrummasjiene in.