Absolut rugbykampioen! Menlopark wen 2019 se Virsekerbeker!
So het die Beeld- en Rekordkoerante oor Menlo se geskiedkundige rugbyprestasie berig:
Fotos van die finaal:
Belangstellendes kan pragfotos van die finaal aankoop by:
https://www.facebook.com/Craig.Gissing.Photography/photos/?tab=album&album_id=2301610929955641
en
https://www.facebook.com/RiaanDeBruynphotography/photos/?tab=album&album_id=2390085404612575
Menlo in die 2019 Virsekerbeker-eindstryd!
Menlopark se eerste rugbyspan het geskiedenis gemaak deur te kwalifiseer vir die Virsekerbeker-eindstryd! Lees volledige berig hier:
Nsuku verkies tot 2019 SA Skole A-rugbyspan!
Baie geluk aan Nsuku Baloyi wat verkies is tot die SA Skole A-span!
Absolut Blou Bulle 2018!
Baie geluk aan die onderstaande rugbymanne wat ons skool se naam hooghou en verkies is tot die verskillende Blou Bul-spanne:
Absolut Blou Bulle 7's-spelers!
Baie geluk aan twee van ons Menlo-manne, Bernard van der Linde en Nsuku Baloyi, wat verkies is tot die Blou Bulle 7's-span. Hulle sal deelneem aan die nasionale 7’s toernooi wat van 28-30 September 2017 te Kimberley plaasvind.
Menlo is weer VirSekerbeker-kampioene!
SA Elite-oefengroepe 2017
Die volgende Menlo-manne is verkies tot verskeie SA Elite-oefengroepe:
0/16:
Lohan Potgieter
Gideon van Wyk
Enrique Courtiers
0/17:
Divan Venter
Marcell Mombers
Bernard van der Linde
Absolut Blou Bulle 2017!
Baie geluk aan die onderstaande rugbymanne wat ons skool se naam hooghou en verkies is tot die verskillende Blou Bul-spanne:
Grant Khomo o/16-span: Nolan Pienaar, Enrique Coutriers, Gerhard Viljoen, Lohan Potgieter, Gideon van Wyk, Ruan Oosthuizen, Nsuku Bailoyi, Kenan Wessels en McNeil Jenner
Noordvaal o/16-span: Erick Knoetze
Akademie o/18-span: Lukas Klopper, Barry Viljoen, Justin Sadie, Divan Venter en Bernard van der Linde
Noordvaal o/19-span: Marcelle Mombers, Wikus Jansen van Rensburg en Hannes Bezuidenhout
Menlo-Rugby het twee Tuksreeks-kampioene in 2017
Menlo-rugby spog met kampioene in twee van die ouderdomsgroepe wat aan hierdie uitdagende reeks deelgeneem het:
o/14A kraai koning teen Monument met 10-5; o/16A seëvier teen Monument met 28-20
o/14B is die silwermedaljewenners nadat hulle teen Monument die knie moes buig met 0-14.
Die Menlo-eerstes en die o/15A-span stap albei as plaatwenners uit die stryd:
o/15A troef Rustenburg met 19-12 Eerstes reken met Eldoraigne af - 14-10
Menlo-spanne klop Grey Kollege en Paarl Boys High!
Abslout rugby - Menlo se rugbyspanne het tydens hul onlangse toere uitstekend gevaar deur verskeie top rugbyskole se spanne te klop van regoor die land. Menlo het al sy wedstryde teen Grey Kollege en Paarl Boys High gewen. Al die uitslae is beskikbaar onder die "Uitslae"-bladsy. Kliek op die volgende prent om hoogtepunte te sien van die wedstryd tussen Menlo en Grey Kollege se o/16-spanne:
Menlo-rugby deel van die Blou Bulle se Prestige Skolerugbyfees
Vier voormalige Menlo-rugbymanne gekies vir 2017 Junior Springbokspan oefengroep
Baie geluk aan voormalige Menlo-rugbymanne Stean Pienaar, Wayne van der Bank, Andell Loubser en Earll Douwrie wat gekies is as deel van 'n oefengroep vir die Junior (o/20) Springbokspan. Die groep neem aan 'n tweedag oefenkamp deel einde Januarie 2017 in Pretoria.
Twee Beeldtrofee wenners in 2017 o/16-SA-skolespan oefengroep
Baie geluk aan Marcelle Mombers en Bernard van der Linde wat ingesluit is in die o/16 SA-Skolespan-oefengroep.
Menlo is 2016 se o.15 Noordvaal Sewes-kampioen!
Menlo se o/15-span het weer soos verlede jaar die Noordvaal Sewes-toernooi gewen. Absolut geluk!
Twee Menlo-spanne is 2016 Beeld-trofee-kampioene!
Baie geluk aan Menlo se o/16A- en o/15A-spanne wat 2 van die 4 Beeld-trofee's verower het! Dit is absolut rugby!
Drie Menlo-spanne speel in die Beeld-trofee finaal!
Menlo se o/16A-, o/15A- en o/14A-spanne het, soos in hierdie jaar se TuksSkole-reeks, weer gekwalifiseer vir die finaal nadat hulle goeie oorwinnings in hul afsonderlikie semifinaalwedstryde gehad het! Absolut geluk en sterkte!
Ruhan speel absolut-rugby!
Baie geluk aan ons eie Ruhan Straeuli wat verkies is as "Man van die wedstryd" teen die Luiperds gedurende die 2016 Akademieweek. Ons is absolut trots op jou!
Absolut Blou Bulle 2016!
Baie geluk aan die volgende spelers wat verkies is tot die onderskeie Blou Bulle-spanne:
0/18
Gerald Lowe
Danie Rossouw
Ruan Straueli
Barry Viljoen
Brian Bouwer
0/16
Jaco Brits
Dewald Pienaar
Reinhardt Koekemoer
Marcel Mombers
Ruan Struwig
Divan Venter
Wickus Janse van Rensburg
Bernard van der Linde
Anthony Brand
Menlo is 2015 se o.15 Noordvaal Sewes-kampioen!
Kliek hier om Beeld se berig te lees
Menlo is weer in 2016 deel van die Wildeklawer-toernooi:
Menlo is in 2015 by Wildeklawer- en Kearsney- rugbyfeeste!
Absolut Rugby! Menlo is weer Coke-reeks kampioene!
Menlo het suksesvol sy Coke-reeks (nou bekend as die UJ/Coca-Cola rugbyreeks) titel verdedig deur Marais Viljoen in die finaal met 29-0 te klop! Oppad na die finaal het Menlo ook met o.a. E.G. Jansen en Kemptonpark afgereken.
Twee Menlo-manne in 2014 SA Skolespan!
Ses Menlo-manne in die 2014 Cravenweekspan!
Baie geluk aan Janqco Hennings, Roan Goosen, Arnold Gerber, Justin Meintjies, Andell Loubser en Ruan de Beer