Menlo Skaak

Menlo-Skaak

Menlo-skaak skuif strategies

 

Hier by Die Hoërskool Menlopark speel ons skaak en met uitstekende skuiwe bereik ons groot hoogtepunte.  

Talle van ons Menlo-skaakbreine bevind hulle, met vindingryke skuiwe, in die provinsiale en selfs nasionale spanne. Hulle verteenwoordig die skool, die provinsie en die land tot in die uithoeke van Suid-Afrika, die kontinent en selfs verder. Alhoewel elke skaakspeler sy en haar opponente individueel die stryd aansê, funksioneer ons as een Menlo-span. 

 

Daar word jaarliks ‘n junior en senior span vir die D4-liga ingeskryf. Die liga vind in die tweede kwartaal plaas en die distrik se uitspeelwedstryde vind in die derde kwartaal plaas. Alhoewel skaak die afgelope paar jaar ongelooflike groei getoon het, word dit as een van die kleiner sportsoorte gereken en neem die skaakspan aan die NWU-reeks vir kleiner sportsoorte deel. Hierdie toernooi is groot pret en daar is geen twyfel oor die spangees en sportmangees nie.

 

Om by Menlo-skaak in te skakel, is maklik. Die skaakoefeninge maak jaarliks die eerste skuiwe op die eerste Maandag van Februarie in lokaal F1. In die eerste kwartaal speel ons uitspeelwedstryde om die bordvolgorde vir die liga te bepaal, terwyl gekwalifiseerde afrigters die skaakmaats begelei om maklik by skaakmat uit te kom. Hulle leer die skaakspelers om skaak soos ‘n wetenskap te benader en die spel in ‘n kunsvorm te omskep. Daar is ook altyd skaakborde wat gereed staan in die mediasentrum vir elke entoesiastiese speler. 

 

By Menlo is skaak propvol pret en almal is welkom om hierdie taktiese spel deel van hulle lewens te maak. 

Kontak me. Marcelle de Waal vir enige verdere inligting by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.