Menlo Skaak

Absolut skaak

Baie geluk aan Leri Botha (graad 8) wat gekies is om die Tshwane o/16A-span te verteen-woordig by die SA Junior Skaakkampioenskap-pe wat vanaf 3 tot 8 Januarie 2018. Sy is een van slegs ses dogters wat per span gekies word uit Tshwane.

Die volgende drie leerders het einde verlede jaar provinsiale kleure in skaak verwerf en het vroeg hierdie jaar aan die Suid-Afrikaanse Juniorspan Skaakkampioenskappe in Kaapstad deelgeneem.

Barend van Dyk (graad 9):

Barend het in die Tshwane 0/16 C-span in die D-afdeling van die SA– spankampioenskappe gespeel. Hulle span behaal die sesde plek op nasio-nale vlak.

Donald Oosthuizen (graad 9):

Donald het in die Tshwane 0/16 B-span in die B-afdeling van die SA– spankampioenskappe gespeel. Hulle span behaal die derde plek op nasio-nale vlak en verower bronsmedaljes.

 

Lorraine Oosthuizen (graad 11):

Lorraine het in die Tshwane 0/18A-meisiespan, die 0/14-, 0/16- en 0/18- dogtersafdeling van die SA-spankampioenskappe gespeel. Hulle span het besonder goed gevaar en behaal eerste plek op nasionale vlak in die 0/18-meisiesafdeling. Hulle spog met goue medaljes hiervoor en behaal ook die tweede plek op nasi-onale vlak in die gesamentlike 0/14-, 0/16- en 0/18-dogtersafdeling (silwermedaljes).