Menlo Tennis

Menlo-Tennis

Die Hoërskool Menlopark se Tennis-Akademie word gekenmerk deur absolute pret, spangees, entoesiasme en nasionale en internasionale prestasies.

Akademie en afrigters

Die Tennis-Akademie beskik oor hoogs gespesialiseerde afrigters en toegewyde onderwysers wat dien as spanbestuurders onder leiding van me. Marie Rühling, ons Akademiehoof, Me Estelle Velloen en Me Eldien Bisschoff, as onderwysers.

Menlo-Tennis se professionele span tennisafrigters bestaan uit Dennis Breetzke en Hendrik Coertzen. Hulle word geag as uiters suksesvolle afrigters, elkeen met hul eie suksesverhale. Hendrik Coertzen het oefengroepe wat hy in sy private hoedanigheid ook afrig. U kan hom kontak by 078 430 3988.

Menlo-Tennis het ook ‘n baie entoesiastiese, aktiewe en “passievol-oor-tennis” ouerkomitee wat die visie van Menlo-Tennis verbreed!

Fasiliteite

Menlo-Tennisakademie het ABSOLUT verruklike fasiliteite, wat insluit:

• 5 Tennisbane (Vier bane met spreiligte)

• Klubhuis met kleedkamer-, kombuis- en administratiewe kantoorgeriewe

• Tenniswinkel