Menlo Tennis

Absolut Tennis

Menlo-dogters slaan kishou by die St. Mary's toernooi!

Baie geluk aan die dogtersspan wat die 2017 St. Mary's-toernooi gewen het! Ons is absolut trots op julle.

Menlo-manne kraai koning by Sun City Wilsonskild Tennistoernooi!

Menlo se Seuns A-span wen die Sun City Wilsonskild Tennistoernooi en verwerf sodoende ‘n uitnodiging vir 2017 na die Top 8 Skole Tennistoernooi! Baie geluk aan Gerhard Swart, Jean Klopper, Erick Heyns, Ruard Muller en Rudolph Nel met hierdie puik prestasie.

Dogters A eindig in die tweede plek. Hulle verloor teen Pearson met twee punte! Dogters is Danielle Arndt, Shanri Nortje, Mia Dittberner, en Megan Barnard

Menlo-tennis presteer absolut uitsonderlik by 2016 se Marlilie Moolman-toernooi!

Die Cradock-toernooi is een van die mees gesogte toernooie in die skool tennis kalender. Die seuns stap na ‘n verbete stryd teen Paarl Boys High as wenners van die baan af. In die semi-finaal moes hulle die beste houe uithaal om in die finaal teen Cradock te wen. Hulle wen toe 5 uit die 6 finale en word gekroon as die konings van Cradock! Baie geluk aan al die menlo-tennis manne.

 

Die Meisiesspan moes na ‘n spannende naeslbyt stryd die knie buig teen Paarl Gimnasium, maar wen toe weer teen Paarl Girls High in die uitspeel wedstryde om derde in die toernooi te eindig. Hierdie jong tennisspan gaan ‘n blink toekoms tegemoet en het daar in die Kaap die voorbeeld gaan stel hoe Menlo meisies op die menlo manier met mening ‘n verskil maak. ‘n Positiewe ingesteldheid en toewyding is kenmerkend van hierdie top tennisspeelsters.

 

 

Menlo is 2016 se TuksSkole-reeks kampioene!

Beide die seniorspan en die juniorspan oorheers en wen die TuksSkole-reeks oortuigend!

 

Absolut Gerhard en Mila!

Baie geluk aan Gerhard Swart en Mila Hartig wat tydens die afgelope Provinsiale Tenniskampioenskap verkies is om SA-skole te verteenwoordig in die o/17- afdeling. Die SA o/17-span toer in Julie na Engeland.

Verder het dié twee ook ‘n groot bydrae gelewer om die GN o/19-span in die tweede plek te laat eindig by die afgelope kampioenskap.

Absolut Mila!

Mila Hartig - onthou dié naam! Hierdie nommer een speler van Menlo, het die afgelope week deelgeneem aan ‘n internasionale ITF-toernooi in Potchefstroom. Hier moes sy haar pad oopspeel teen spelers van onder andere Ierland, Tanzanië en Israel. In die een finaal het sy te staan gekom teen Neri Cohen van Amerika en wen met ‘n oortuigende 6/1 en 6/2. In die tweede finaal klop sy vir Minette van Vreeden van Suid-Afrika. Met hierdie dubbele wen, skuif Mila nou gemaklik op, op die ITF-juniorranglys en is tans no. 11 op die SA-Tennis vroue ope ranglys.

Beste in Gauteng-Noord!

ABSOLUT WENNERS! Baie geluk aan ons nommer een spelers, Gerhard Swart en Mila Hartig, wat tydens die afgelope Gauteng-Noord, Ope Skolekampioenskap, as wenners uit die stryd getree het. Beide gaan Gauteng-Noord verteenwoordig in die Interprovinsiale Kampioenskap gedurende April 2016. Baie sterkte met die voorbereiding daarvoor!

Menlo-dogters is beste noorde-span!

Baie geluk aan ons dogtersspan wat uitstekend tydens die 2015 Amanda Coetzer Tennistoernooi gevaar het nadat hulle ook gekroon is as die beste span in Pretoria deur die A-liga te wen. So het Beeld berig:

 

Menlo-dogters wen die Absolut Menlo Tennistoernooi!

Baie geluk aan al die spelers wat aan die Absolut Menlo Tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogtersspan het die toernooi gewen en ons seunsspan het vyfde ge-eindig.