Atletiek en Landloop

(Tuis):Home/Aktiwiteite/Sport/Atletiek en Landloop

Atletiek

Kontakpersoon
Mnr. JJ Smith
jj.smith@menlopark.co.za

Me. Lelanie v Wyk
lelanie.vanwyk@menlopark.co.za

Oefentye
Maandae tot Donderdae.
Maak gerus by die afrigters ’n draai vir elke item se oefentyd.

Oefendrag
Informele oefendrag.

Drag tydens byeenkomste
Atletiekdrag (Constantia Uitrusters).

Afrigters

  • Mnr. JJ Smith (IAAF; vlak 5): Middelafstande & naellope.
  • Mnr. Charley Strohmenger (IAAF; vlak 4): Naellope & verspring.
  • Me. Janita Eva (ASA; vlak 3): Gewigstoot & skyfwerp.
  • Me. Lelanie v Wyk (ASA; vlak 2): Naellope & middelafstande.
  • Mnr. Hanno Roux (ASA; vlak 2): Hekkies & naellope.
  • Me. Fransie Roberts (ASA; vlak 1): Hoogspring.
  • Me. Nataly Rabe (ASA; vlak 1): Verspring & driesprong.
  • Mnr. Tommie Erasmus & Rudu Klopper (ASA; vlak 1): Spiesgooi.

Vinnige feite

Fasiliteite

  • Tartanaanlope vir verspring, hoogspring (2) en spiesgooi.
  • Skyfwerphok – voldoen aan internasionale vereistes.
  • Nege bane in die pylvak.

Onlangse prestasies

  • 44 Menloparkers neem in 2022 aan ASA se SA kampioenskap deel en lewer ‘n medaljeoes van veertien op.
  • 55 Menloparkers neem aan ASA se SA kampioenskap deel en bring 30 medaljes huis toe (2021).
  • Interhoërwenners (2001 – 2020 en 2022).
  • Algehele wenners van die Twizza Superreeks: Nasionaal (2019 en 2022).
  • Massadeelname is een van die sleutels tot ons sukses: Vyf tot agt Menlo-atlete neem per item aan die massabyeenkomste deel.
  • Die Menlo-seekamp is een van die hoogtepunte op die kalender (amper-Parkies in graad 7 is welkom!).
  • Internasionale NCAA-studente in Amerika: Nege atlete in die  laaste drie jaar.

Landloop

Kontakpersoon
Mnr. JJ Smith
jj.smith@menlopark.co.za

Me. Lelanie v Wyk
lelanie.vanwyk@menlopark.co.za

Oefentye
Maandae tot Donderdae: 15:30 – 17:30.

Oefendrag
Informele oefendrag.

Drag tydens byeenkomste
Atletiekdrag (Constantia Uitrusters).

Afrigters

  • Mnr. JJ Smith (IAAF; vlak 5)
  • Me. Lelanie van Wyk (ASA; vlak 2)
  • Me. Hanri le Roux (ASA; vlak 1)

Vinnige feite

Onlangse prestasies

  • Algehele wenners: AGN-Skolelandloop (2019 & 2021).
  • SA Skolekampioenskap: 19 Parkies neem in 2020 en 10 Parkies neem in 2021 deel.
  • Wenners: NWU-Noordvaalfinaal (2017, 2018 & 2019.

Hoogtepunte op die landloopkalender

  • NWU ASICS 4 x 2 km prestige-aandaflos.
  • Oefenkamp vir almal (10 dae).
  • Lesotho-oefenkamp vir gevorderde atlete.