Rugby

Programme
Programme vir wedstryddae is beskikbaar onder “Dokumente”.

Kontakpersoon
Mnr. Dirk Odendaal
rugby@menlopark.co.za

Oefentye
Hou die webwerf vir voorseisoenoefentye dop.

Oefendrag

  • Gemaklike oefendrag
  • Rugbystewels
  • Kopskerm
  • Mondskerm
  • Waterbottel

Wedstryddrag

Wedstryddrag is by Menlo-sportwinkel beskikbaar:

  • Uitgaandrag
  • Menlo-rugbysak
  • Menlo-rugbytrui (word voorsien)
  • Menlo-rugbybroek
  • Menlo-rugbykouse
  • Menlo-hemp (vir opwarming)
  • Rugbystewels
    o Kopskerm
    o Mondskerm
    o Menlo-sweetpakbaadjie

Vinnige feite

  • Menlo het drie rugbyvelde met spreiligte.
  • Hoogtepunte (2019)
    • Eerstespan wen die Virseker Beker.
    • Menlo is een van slegs twee skole met vier spanne in die Virseker Beker se halfeindstryd.
    • Menlo wen die algehele trofee vir die Beste Rugbyskool in die Beker-afdeling van die Virseker-reeks.
    • Met die sewes staan Menlo nie terug nie: Ons is vir die vierde keer in vyf jaar die o. 15-gouemedaljewenners by die Noordvaal-toernooi.
    • 26 Menlo-spelers word vir die Blou Bulle gekies.