Tennis

Op julle merke. Gereed. Tennis sonder perke!

Kontakpersoon
Me. Elné Coertzen (organiseerder)
elne.coertzen@menlopark.co.za

Oefentye
Oggende: 06:45 – 08:00
• Maandae (top-10-seuns & -dogters)
• Woensdae (top juniors; graad 8 en 9)
• Vrydae (beginners)
Middae/aande: 17:30 – 19:00
• Dinsdae (junior seuns & junior dogters)
• Donderdae (senior seuns & senior dogters)

Oefen- & wedstryddrag
Die korrekte drag is by die tenniskantoor verkrygbaar

Ranglys en daagreëls
Klik hier

Vinnige feite
• Vyf splinternuwe bane waarvan vier selfs tydens beurtkrag verlig word.
• Beginners tot SA-spelers wat deelneem. Almal is welkom!
• Ligawenners, provinsiale en nasionale spelers. Menlo-tennis slaan kishoue!
• 18 spanne word vir die liga ingeskryf.
• Deelname aan agt spogtoernooie wat jaarliks dwarsoor die land aangebied word, selfs in Sun City!
• ʼn Jaarlikse prestige toernooi wat op eie bodem aangebied word. ʼn Absolute hoogtepunt!
• Ons afrigter – Coach Hendrik Coertzen.
• Seuns
Wen die Marilie Moolman-Tennistoernooi in 2016, 2018, 2019 en 2022.
Eindig in die 2de plek by die 15de Absolut Menlo-Tennistoernooi in 2022.
• Dogters
Wen die Marilie Moolman-Tennistoernooi: Geestrofee in 2015 en 2022.

Meer oor die afrigter
Hendrik Coertzen en tennis is sinoniem. Loopbaanhoogtepunte sluit onder meer in: Beste junior speler in SA (o. 14, o. 16 & o. 18), wen Junior ITF (grade 2) in 2008, keer met ʼn silwer medalje na Suid-Afrika terug na deelname aan die Statebondspele (2008), wen Jersey Open Championships in 2010. Hendrik het sy loopbaan as afrigter in 2011 begin en hy sluit in 2012 by Menlo-tennis aan. In 2013/2014 is Hendrik as deel van Caroline Wozniacki se afrigtingspan gekies waar hy die rol van speelvennoot (hitting partner) vervul. Hendrik is sedert 2017 elke jaar as afrigter van Gauteng-Noord se o. 19-tennisspan aangestel.