Rugby

Menlo-rugby: Streef die hoogste na
Die Hoërskool Menlopark streef daarna om die beste rugbyprogram vir gemengde skole in Suid-Afrika op te bou deur die kernwaardes van respek, ywer, integriteit en lojaliteit by elke oefening en wedstryd toe te pas. Die doelwit van hierdie spelergesentreerde program is om spelers te bemagtig om sukses in alle sfere te behaal deur die beginsels wat op die rugbyveld aangeleer word, op en van die veld toe te pas.

Menlo-rugby programme
Hou die skool se sosialemediaplatforms en die WhatsApp-ouergroepe dop. Alle inligting sal via hierdie platforms aan ouers gekommunikeer word.

Jaarprogram
Klik hier

Kontakpersoon
Mnr. Dirk Odendaal (Akademiehoof)
Mnr. Emwee Arlow: Organiseerder
[email protected]

Oefentye

Gedurende die rugbyseisoen
Maandae: 14:30 – 17:30 Gimnasium & veld
Dinsdae: 14:30 – 17:30 Gimnasium & veld
Woensdae: 15:00 – 17:00 Posisionele afrigting
Donderdae: 14:30 – 17:30 Gimnasium & veld

Voorseisoen
Maandae: 14:30 – 16:30 Gimnasium
Dinsdae: 14:30 – 17:00 Gimnasium & veld
Woensdae: 14:30 – 16:30 Gimnasium
Donderdae: 14:30 – 17:00 Gimnasium & veld
Saterdae: 08:00 – 11:00 Veld

Afseisoen
Sal gekommunikeer word.

Oefendrag

  • Gemaklike oefendrag
  • Rugbystewels
  • Kopskerm
  • Mondskerm
  • Waterbottel

Wedstryddrag

Wedstryddrag is by Menlo-sportwinkel beskikbaar:

  • Uitgaandrag
  • Menlo-rugbysak
  • Menlo-rugbytrui
  • Menlo-rugbybroek
  • Menlo-rugbykouse
  • Menlo-hemp (vir opwarming)
  • Rugbystewels
    o Kopskerm
    o Mondskerm
    o Menlo-sweetpakbaadjie

Vinnige feite

• Die Hoërskool Menlopark het drie rugbyvelde met spreiligte.
• Hoogtepunte:

– Eerstespan wen die Virseker Beker in 2019.
– Menlo is een van slegs twee skole met vier spanne in die Virseker Beker se halfeindstryd.
– Die Hoërskool Menlopark wen die algehele trofee vir die Beste Rugbyskool in die Beker-afdeling van die Virseker-reeks. NWU-reeks vir 2023 en 2024.
– Noordvaal-Sewes (2024): Die Hoërskool Menlopark se o. 15’s wen die goue medalje en die o.17’s is naaswenners. Menlo se spanne speel in ses finale
en word drie keer as kampioene gekroon.
– 17 Menlo-spelers word vir die Blou Bulle gekies (2024).
– Die Hoërskool Menlopark spog met vyf provinsiale afrigters in die Blou Bulle Hoërskolerugbyvereniging se struktuur.