Geskiedenis

Menlo, ons sal jou altyd onthou!

16 Oktober 1962

  • ’n Vergadering van ouers vind binne die grense van Die Hoërskool Menlopark plaas.
  • ’n Tydelike komitee word onder voorsitterskap van dr. Ernst Marais verkies en me. M. le Roux voer die komitee se sekretariële pligte uit.

Januarie 1963

  • Die nuwe skoolgebou is steeds in aanbou en ’n tiksterklerk word aangestel om met administratiewe take te begin.
  • 14 Januarie is ’n mylpaal – meubels en voorraad is op dié dag afgelewer en word in die metaal- en houtwerkklasse gestoor.
  • Op 24 Januarie word twaalf klaskamers en die kantore deur die Inspekteur van Werke aan die hoof oorhandig.
  • Opgewonde ouers en leerders dra die nodige meubels na die klasse en die skool begin met 372 leerders in standerd ses, sewe en agt.

November 1963

  • Die skool se eerste beheerraad word op 11 November onder voorsitterskap van dr. Marais verkies. Die res van die posisies op die raad word deur die volgende persone beklee: Dr. P.J. Kloppers (ondervoorsitter) en me. E.J. Boshoff (sekretaresse).
  • Die waarnemende hoof, mnr. Böhmer, oorhandig die leisels aan die skool se eerste permanente hoof, mnr. G.P.L. van Zijl.

Mei 1964

  • P.Z.J. van Vuuren (L.U.K.) en mnr. A.J. Koen, Direkteur van Onderwys, besoek die skool om die beheerraad te ontmoet en die uitbreiding van die geboue te bespreek.
  • Die Hoërskool Menlopark kry skooldrag! Die eenvoud van die drag is treffend – beslis die mooiste in die stad. Die basiese kleur is vlootblou en illustreer die suiwerheid van die leerders se ideale.

1965

  • “Ons skool vra ’n lied” – dit is die onderwerp van ’n omsendbrief waarin ouers se hulp ingeroep word om ’n skoollied te skryf.
  • Die finale keuse van die Beheerraad val op die gesamentlike poging van mnr. J.J. Botha (woorde) en dr. O.A. van der Stoep (musiek).
  • Ons skool kry ’n lied en dié lied is: “Hou hoog die vaandel wit en blou”.
  • Die eerste uitgawe van die skool se jaarblad, Die Eggo, verskyn in 1965 o.l.v. mnr. M.M.K. Moolman. Maritha Lombard (St. 10A1) is die kunstenaar wie se ontwerp op die buiteblad pryk.
  • Dit was ’n besige jaar en die matrieks vier hulle skoolloopbaan op 12 November tydens die skool se eerste matriekafskeid.

1972

  • Die skool se eie Olimpiesestandaardswembad word voltooi en in gebruik geneem.

Die res is geskiedenis…

Hoofde

1963   Die waarnemende hoof, mnr. Böhmer, word deur mnr. G.P.L. van Zijl opgevolg.

1973   Mnr. Frans Gerber

1980   Mnr. Fanus Booysen

1984   Dr. C.I.S. van der Merwe

2013   Mnr. Schalk Reynders

2024   Mnr. Kobus Hartman

Die simboliek van ons skoolwapen

Wapen Simboliek
Sirkelvormige skild Ons strewe na volmaaktheid.
Kruis Ons geloof in God.
Vier kruispunte wat in agt kleiner sfere verdeel Simboliseer die agt ankers van die Hugenote.
Vier hartvormige kwadrante wat ontstaan uit die manier waarop die punte van die kruis verbind is Die hart versinnebeeld die liefde soos wat dit in 1 Korintiërs 13:7 beskryf word.