Koshuis

Jou huis is waar jou ❤️ is

In die hartjie van die skool vind jy die hart van die skool: die Menlo-koshuis. Dit is hiér waar leerders die geleentheid kry om hulle akademiese, sport- én kultuurdrome met entoesiasme uit te leef. Die gemoedelike familie-atmosfeer inspireer elke koshuisleerder om sy/haar vlerke met vrymoedigheid te sprei en met oorgawe deel te neem.

Menlo se koshuis is in 2009 geopen en bied huisvesting aan 100 seuns en 54 dogters van graad 8 tot graad 12. Die netjiese fasiliteite en gesonde maaltye is die ideale wegspringblok om elke dag voluit deel van Menlo te wees. Dit is hier waar jou hart ’n tuiste sal vind.

Dokumente

Koshuisaansoekvorm

Koshuishandleiding graad 8

Koshuishandleiding graad 9-11

Kontakpersoon
Mnr. Harm van Helsdingen
info@menlopark.co.za

Koshuisvader
Mnr. Phillip Erasmus
phillip.erasmus@menlopark.co.za