Waardes

(Tuis):Home/Ons skool/Waardes

Excelsa Petamus – streef die hoogste na!

Menlo-visie

Parkies leef die skool se waardes in alles wat hulle aanpak uit. Parkies streef daarna om hulle talente te ontwikkel sodat hulle hulle regmatige plek in die samelewing kan inneem en ’n verskil in die wêreld kan maak.

Integriteit

Parkies is absolut betroubaar en opreg. Hulle het waardering vir mense en weet hoe om jammer te sê.

Lojaliteit

Menloparkers voel tuis en geborge op Menlo-bodem. Hulle is dankbaar vir die geleenthede wat Menlo bied en uit waardering hiervoor, is Parkies getrou aan die skool se waardes.

Respek

Parkies het agting vir hulleself en vir ander, vir ander se tyd en vir eiendom. Parkies is nederig en hanteer hulle medemens met ontsag.

Ywer

Menloparkers benader elke taak met geesdrif en toewyding – so word uitdagings blitsvinnig in geleenthede verander.

Excelsa Petamus – integriteit, lojaliteit, ywer en respek