Musiek-akademie
Kontakpersoon
Mnr. Leon van der Berg
[email protected]
Oefentye
Lestye met Menlo se musikante word deur elke musiekonderwyser gereël.
Vinnige feite
- Die musiekdepartement bestaan uit twee afdelings:
- Musiek as keusevak.
- Buitekurrikulêre musiek-akademie
- Musiek as keusevak:
- Bestaan uit ’n praktiese en ’n teoretiese komponent.
- Leerder ontvang onderrig in die instrument van sy/haar keuse (sang ingesluit).
- Leerders kan in graad 8 vir die eerste keer met ’n instrument begin en musiek as vak neem (sien musiek as vak onder Akademie vir meer inligting.
- Die Menlo-musiekgebou is ’n moderne fasiliteit waar leerders hulle musiektalent kan uitleef en ontwikkel.
- Buitekurrikulêre musiek-akademie – aspirantmusikante kan lesse in verskeie instrumente neem:
- Klavier en klawerbord
- Viool, tjello, kontrabas
- Dwarsfluit, klarinet, saksofoon, trompet, Franse horing
- Akoestiese kitaar, bas- en elektriese kitaar, klassieke kitaar
- Perkussie
- Sang (ligte musiek en klassieke musiek)
- Leerders word vir eksterne eksamens in albei genres (ligte en klassieke musiek) voorberei.
- Eksterne teorie-eksamens (UNISA- en ABRSM-sillabus) word aangebied.
- Menlo-musikante neem graag aan eisteddfods deel.
- Leerders maak met musiektegnologie kennis en leer hoe om musiek met behulp van ’n rekenaar te skryf.