Perdesport
Perdesport by Menlo
Menlo-ruiters verteenwoordig die skool op ‘n individuele basis. Die sport vereis die ontwikkeling van ‘n vennootskap tussen perd en ruiter en kweek dissipline, geduld, verantwoordelikheid en deursettingsvermoë. Ons ruiters vaar uitstekend by Sanesa se skoue en is waardige ambassadeurs vir Die Hoërskool Menlopark.
Kontakpersoon
Mev. Lizé du Plooy
lize.duplooy@menlopark.co.za
DIE HOËRSKOOL MENLOPARK