Lidmaatskap
Lidmaatskap
Die Menlobond nooi u graag uit om ’n lid te word. Lidmaatskap tot die Menlobond is nie outomaties nie en heeltemal vrywillig. Dit is vir ons belangrik om u terug by die doen en late van die skool te verwelkom en deel te hou van die Menlo-manier!
Lidmaatskap tot die Menlobond bied aan alle Menlo-alumni en vriende van Menlo die geleentheid om in kontak te bly met die hartklop van die skool en te help om die Menlo-manier vir generasies te bewaar. As lid van die Menlobond ondersteun u die skool, sy nalatenskap asook volhoubaarheid. Lede geniet ook voordele soos toegang tot die Menlobond klerereeks, afslag op parkering en toegang tot BBP-areas by sport- en kultuurgeleenthede by die skool, afslag op sekere items in die aanlynwinkel – om net ’n paar te noem! Elke nuwe lid ontvang ’n lidmaatskapkaart wat u in staat stel om hierdie voordele by skoolgeleenthede te geniet.
Lidmaatskap tot die Menlobond behels slegs ’n eenmalige lidmaatskapfooi. Ons beskou die lidmaatskapfooi as ’n donasie aan die skool.
SLUIT AAN IN 3 EENVOUDIGE STAPPE
- Besluit op die korrekte lidmaatskap-opsie
- Betaal die lidmaatskapfooi
- Stuur asseblief bewys van betaling na [email protected]
Welkom!
LIDMAATSKAP-OPSIES
Menlobond Alumni Studente lidmaatskap
- Alle oudleerders vir 3 jaar na matriek. Daarna sal die vol fooi betaalbaar wees
Menlobond Alumni lidmaatskap
- Alle oudleerders en -personeel van die Die Hoërskool Menlopark
Menlobond algemene lidmaatskap
- Ondersteuners en vriende van Die Hoërskool Menlopark
Menlobond Lewenslange lidmaatskap
- Enige oud-leerder, -personeellid of vriend van Die Hoërskool Menlopark