Musiek-akademie

Kontakpersoon
Me. Jeanmari van Papendorp
jeanmari.vanpapendorp.co.za

Oefentye
Lestye met Menlo se musikante word deur elke musiekonderwyser gereël.

Vinnige feite

  • Die musiekdepartement bestaan uit twee afdelings:
    • Musiek as keusevak.
    • Buitekurrikulêre musiek-akademie
  • Musiek as keusevak:
    • Bestaan uit ’n praktiese en ’n teoretiese komponent.
    • Leerder ontvang onderrig in die instrument van sy/haar keuse (sang ingesluit).
    • Leerders kan in graad 8 vir die eerste keer met ’n instrument begin en musiek as vak neem (sien musiek as vak onder Akademie vir meer inligting.
  • Die Menlo-musiekgebou is ’n moderne fasiliteit waar leerders hulle musiektalent kan uitleef en ontwikkel.
  • Buitekurrikulêre musiek-akademie – aspirantmusikante kan lesse in verskeie instrumente neem:
    • Klavier en klawerbord
    • Viool, tjello, kontrabas
    • Dwarsfluit, klarinet, saksofoon, trompet, Franse horing
    • Akoestiese kitaar, bas- en elektriese kitaar, klassieke kitaar
    • Perkussie
    • Sang (ligte musiek en klassieke musiek)
  • Leerders word vir eksterne eksamens in albei genres (ligte en klassieke musiek) voorberei.
  • Eksterne teorie-eksamens (UNISA- en ABRSM-sillabus) word aangebied.
  • Menlo-musikante neem graag aan eisteddfods deel.
  • Leerders maak met musiektegnologie kennis en leer hoe om musiek met behulp van ’n rekenaar te skryf.