Aanlyn databasis

Aanlyn databasis

POPI BELEIDSVERKLARING

Die Menlobond ag die privaatheid van u inligting baie hoog en ondersteun die nuwe POPI beleid ten volle. Ons is tans besig om navorsing te doen en sal binnekort ons volledige beleidsverklaring beskikbaar stel. Lees gerus ons doelstellings hier.

Die een-stop-oplossing vir alle Menlobond-aangeleenthede!

’n Volledige en opgedateerde databasis is vir enige organisasie ’n noodsaaklike instrument vir suksesvolle en effektiewe kommunikasie. Vir die heel eerste keer in Menlo se geskiedenis, bestaan daar nou ’n elektroniese aanlyn databasis wat saamgestel en uitgebrei is uit vorige jare se inligting. Hierdie interaktiewe databasis vorm die kern wat die Menlobond in staat stel om doeltreffend met al ons alumni en lede te kommunikeer. Dit is belangrik dat hierdie databasis opgedateer bly en ons moedig alle oud-Menloparkers en vriende van Menlo aan om asseblief op die databasis te registreer en u persoonlike besonderhede op te dateer. Hierdie platform vorm die kern van die Menlobond en dis op hierdie platform waar u met die skool en met mekaar kan deel.

REGISTRASIERIGLYNE:

1. Klink op die blou blokkie hieronder om na die databasisportaal herlei te word

2. Klik asseblief op die “Register now” knoppie in die “Login to your account”-boksie

3. Vul die nodige inligting in

4. U sal dan per e-pos verwittig word van die volgende stap wat u moet neem.

5. Die portaal gebruik u e-pos adres as toekomstige verwysingspunt

6. Kontak asseblief die Menlobondkantoor as u enige hulp nodig het.