Donasies

Donasies

Belê in die toekoms – belê in Menlopark.

Daar is twee maniere waarop u bydrae ’n verskil kan maak.

1. KAPITAALPROJEK- EN ALGEMENE DONASIES:

Met ons wêreldklasfasiliteite en -onderrig, het die Menlo-kampus nog altyd ’n gevoel van trots by Menloparkers gewek. Met ’n beperkte begroting word die fasiliteite uitstekend onderhou en spog die skool met infrastruktuur en tegnologie van hoogstaande gehalte. Met die huidige uitdagende situasie sal u donasie ’n blywende impak maak op die voortbestaan van Menlo-trots! Die Menlobond identifiseer spesifieke kapitaalprojekte waarvoor u bydra aangewend word. Die Menlobond kan vir u ’n 18A belastingsertifikaat vir u uitreik.

Donasies kan gemaak word op een van die volgende maniere:

2. LEERDERONDERSTEUNING:

Dit is vir baie kinders ’n droom om ’n Menloparker te wees. Ongelukkig bly dit vir heelwat van hulle, veral dié met uitdagende omstandighede, ’n onbereikbare ideaal. Die Menlobond se doel is waar moontlik, hierdie droom vir talentvolle en verdienstelike leerders te bewaarheid. U donasie sal help om ’n leerder hierdie geleentheid te bied. Die Menlo Foundation word deur die Menlobond gefasiliteer en hanteer alle donasies wat spesifiek gemaak word ten bate van leerderondersteuning. Kontak gerus die Menlobondkantoor vir verdere inligting sou u belangstel om ’n Menloparker se droom te help realiseer. Die Menlobond kan vir u ’n 18A belastingsertifikaat vir u uitreik.

Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:

Rekeningnaam: Menlo Foundation

Rekeningnommer: 120 683 3092

Bank: Nedbank

Tak: Menlyn Maine

Takkode: 151745

Verwysing: [Die letter “D”, Van, Voorletter] bv. DPompiesP

Bewys van betaling kan gestuur word aan menlobond@menlopark.co.za vir aandag Gisela Rolfes.

Baie dankie vir u belegging in die toekoms van Menlo.